Chinese omkopers nogmaals borgtog geweier in hoërhof
'n Waarnemende hoërhofregter het bevind die twee Chinese burgers se vlugrisiko om hul vonnis nie uit te dien nie, is juis hoog.
Francoise Steynberg
Twee Chinese mans wat skuldig gepleit het aan die oortreding van die teenkorrupsiewet, en vir twee jaar tronk toe gestuur is, se borgtogappèl in die Windhoekse hoërhof is Vrydag weer geweier.
Xu Siyong (55) en Yang Hauifen (53) het op 7 September skuld in die Windhoekse landdroshof erken ná hulle twee dae tevore probeer het om 'n polisiebeampte, konst. Beauty Mukiwa, met N$4 000 om te koop.
Die omkoopgeld was bedoel om 'n geldwasseryondersoek van N$1 miljoen teen Yang te staak.
Die twee bestuurders by New Era Investment, 'n Chinese boumaatskappy, is gevangenisstraf van twee jaar opgelê, waarteen hulle op 14 September geappelleer het.
Tien dae later het hulle vir borgtog aansoek gedoen, wat op 27 September deur die landdros van die hand gewys is.
Daarna het hulle teen hierdie bevinding by die hoërhof aansoek om appèl gedoen, wat verlede week deur waarnemende regter Ileni Velikoshi aangehoor is.
Velikoshi het tydens die verhoor gemaan mense wat skuldig bevind word aan korrupsie of omkopery moenie geskok wees as hulle direk tronk toe gestuur word sonder die opsie van 'n boete nie.
Hy kon ook geen fout vind met die landdros se bevinding om nié borgtog aan Xu en Yang toe te staan nie.
“Omdat die appellante skuldig bevind en 'n vonnis van tronkstraf opgelê is, wat hulle geskok het, sal hulle op die vlug slaan om nie hul vonnis uit te dien nie, omdat hulle Chinese burgers is wat geen of min bande met Namibië het,” het Velikoshi gesê.
Hy het ook gesê die landdros het die Chinese se persoonlike omstandighede in ag geneem, die feit dat hulle eerste oortreders en mans met familieverantwoordelikhede is, toe sy hulle gevonnis het.
“Die landdros het ook Xu en Yang se vonnis in ag geneem met die opsie van 'n boete, maar volgens haar was 'n boete weens die erns van die oortreding nie geskik nie,” het Velikoshi gesê.
“Dit is ook nie in die belang van die publiek en geregtigheid dat hulle op borgtog vrygelaat word nie. Dit is in die belang van die publiek en geregtigheid dat oortreders van ernstige misdaad hul vonnisse uitdien – hoe vroeër, hoe beter,” het die waarnemende regter gesê.
Xu en Yang is deur advokate Louis Botes en Werner Boesak verteenwoordig, terwyl staatsadvokaat Felistas Shikerete-Vendura vir die staat verskyn het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie