Chinese ontken hulle spioeneer op AU
Die Chinese ambassadeur by die Afrika-unie (AU) het ten sterkste ontken China onderskep inligting van dié organisasie deur data uit die AU se hoofkwartier in Addis Abeba na Sjanghai in China oor te dra.
Die Chinese het die AU-hoofkwartier gebou.
Kuang Weilin, die Chinese ambassadeur, het aan joernaliste in Addis Abeba gesê 'n berig hieroor in die gesaghebbende Franse koerant Le Monde is verregaande en onwaar, berig die BBC.
Le Monde haal anonieme bronne aan wat sê daar is eers in Januarie verlede jaar vasgestel data word soggens tussen middernag en 02:00 in die oggend na Sjanghai oorgedra. Dit het glo al in 2012 begin nadat die gebou voltooi is.
Die koerant sê die kopiëring van data is ontdek toe Algerynse deskundiges die hele gebou deursoek het vir meeluistertoestelle.
Die Algeryne het vasgestel daar was daardie tyd van die nag 'n toename in die rekenaar-aktiwiteit, hoewel daar niemand in die gebou was nie.
Wielen het gesê hy bevraagteken Le Monde se bedoeling met die berig. Hy glo dit kan probleme veroorsaak vir die verhoudinge tussen Afrika en China.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie