Chiradza bly agter tralies
Denver Kisting - Die omstrede dokter van Otjiwarongo, dr. Yevai Chiradza, sal minstens nog twee weke agter tralies bly.
Sy prokureur, mnr. Willem Visser, het gister uit Suid-Afrika gesê landdros Unchen Konjore is tans met verlof. Daarnaas, sê hy, begin 'n nuut aangestelde aanklaer eers op 9 April by die landdroshof op Karibib werk.
Chiradza words reeds langer as 'n week op dié dorp aangehou.
Verlede week het Konjore gelas Chiradza moet formeel om borgtog aansoek doen nadat die staat suksesvol daarteen kapsie gemaak het.
Intussen sê mnr. Cornelius Weyulu, die registrateur en uitvoerende hoof van die raad op gesondheidsberoepe, hul hande is grootliks afgekap.
“Dr. Chiradza het hom nie aan onprofessionele gedrag skuldig gemaak nie en kan dus nie in hierdie stadium deur die raad aangekla word nie.”
Die raad is wel besig met 'n ondersoek oor die moontlike opskorting van sy bevoegdhede, benadruk Weyulu. Daarom is beperkinge op sy praktyk geplaas “om moontlike skade aan pasiënte te voorkom”.
Weyulu sê voorts aangesien Chiradza tans in aanhouding is weens 'n noodlottige ongeluk in 2015 én omdat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die dokter geskors het, “is die kanse dat hy met pasiënte te doen sal hê amper nul”.
Die registrateur het bygevoeg indien die strafregtelike ondersoek teen Chiradza afgehandel word en daarop dui sy gedrag het die beeld van die mediese beroep geskaad, sal die raad moontlik stappe “geskoei op die bevindings van die strafsaak” teen hom doen.
Me. Petronella Masabane, die waarnemende permanente sekretaris (PS) van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, het gistermiddag gesê sy lewer geen kommentaar op personeelaangeleenthede nie.
Verlede week het Republikein berig die aanklaer wat toe aan die Karibib-landdroshof verbonde was, me. Eden Amutenya, het gesê Chiradza is 'n gevaar vir die samelewing.
Hy word met die dood van drie mense verbind weens 'n ongeluk in 2015 op die pad tussen Karibib en Usakos. Chiradza se verhoor in verband met dié ongeluk, wat die lewens van die susters mee. Welmine Louw en Alet Junius geëis het, asook Louw se enigste seun, mnr. Konrad Louw, vind op 25 en 26 Junie vanjaar plaas.
Junius se enigste kind, me. Sonja Junius, en haar neef, mnr. Johan Junius, het dié gruongeluk saam met Chiradza oorleef.
Toe Chiradza onlangs op klagte van strafbare manslag in die Karibib-hof moes verskyn, het die bestuurder van 'n Duitse spogmotor – glo Chiradza – verskeie padgebruikers se lewens tussen Okahandja en Otjiwarongo bedreig.
Een motoris het dié gedrag op video vasgelê en dit het sedertdien soos 'n veldbrand op Facebook versprei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie