Chiradza ry glo 140 km/h
Drie ooggetuies het gister ’n gru-ongeluk van 2015 herleef waartydens drie mense uitgewis is.
Denver Kisting op Karibib – Dokter Yevai Chiradza het glo die spoednaald van sy gehuurde motor tot op 140 km per uur getrap toe hy in Julie 2015 glo drie lede van ’n gesin uitgewis het.
Dít is gister in die landdroshof op Karibib onthul toe Chiradza met ’n donker baadjie, blou hemp en roomkleurige broek by die beskuldigdebank ingeskuif het.
Dié omstrede dokter van Otjiwarongo en sy prokureur, mnr. Willem Visser, moes gister verneem Chiradza moet op ses klagte tereg staan.
Die oorspronklike twee klagte is strafbare manslag en twee alternatiewe klagte – een van roekelose en nalatige bestuur en een van onbedagsame bestuur.
Kort nadat die verhoor gisteroggend in die plattelandse hofsaal begin het, het mnr. Dalon Quickfall namens die staat die hof oortuig om drie aanvullende klagte by te voeg - een van strafbare manslag vir elkeen van die drie oorledenes afsonderlik.
Chiradza se silwer gehuurde Volkswagen Polo het omstreeks 17:00 op 12 Julie 2015 eers die dubbelkajuitbakkie van die Windhoekse sakeman mnr. Marius Dessel langs die kant getref waarna dit reg van voor teen ’n Kia gebots.
Mnr. Johan Junius, een van die oorlewendes van die voertuig waarin drie mense omgekom het, het gistermiddag die gebeure herroep.
Junius het gesê hy was besig om met een van sy tannies, wat agter gesit het, te gesels toe dié skree dat hy moet kyk wat voor hulle gebeur.
Een sekonde nadat hy omgedraai het, het Chiradza se voertuig hul voertuig se voorkant getref en laat infrommel.
Die botsing het die lewe van drie van die vyf insittendes van die Kia geëis – die susters mee. Welmine Louw en Alet Junius, en Louw se enigste seun, mnr. Konrad Louw.
Die ongeluk het tussen Usakos en Karibib plaasgevind.
Dessel en ’n familielid, mnr. Michael James, het gisteroggend eerste namens die staat getuig.
James, wat uit Johannesburg in Suid-Afrika na Karibib gereis het om te getuig, het gesê hy het ’n gewoonte om nie met die bestuurder te praat tydens ’n reis nie.
Dessel was dié dag agter die stuur van sy bakkie.
Albei mans het getuig hoe stil die pad op dié dag was, dat hulle Chiradza se voertuig oor ’n afstand kon waarneem en toe gesien het hoe die voertuig sy baan verlaan en in húl baan oorbeweeg.
Volgens hulle kon Chiradza se voertuig se band nié gebars het soos die dokter beweer nie.
Visser het gemaan dat hulle nie motorongelukdeskundiges is nie en derhalwe nie by magte was om ’n mening daaroor uit te spreek nie.
Dessel en James het ook albei voet by stuk gehou hulle het teen 80 km/ uur gery, omdat hulle vroeër ’n snaakse geluid uit hul bakkie gehoor het en besluit het om die reis terug Windhoek toe stadig aan te pak.
Visser het verskeie kere te kenne gegee Chiradza voer aan hy het ten tye van die ongeluk slegs 110 km per uur gery en dat ’n motorband glo gebars het.
Dit het egter gistermiddag aan die lig gekom dat Chiradza se spoedmeterlesing 140 km/ uur was volgens die polisiebeamptes wat die ongelukstoneel afgemeet en ’n fotoplan saamgestel het.
Die verhoor voor landdros Unchen Konjore word vanoggend voortgesit.
Chiradza is sedert vroeër vanjaar in die soeklig nadat hy glo op die dag wat sy verhoor aanvanklik moes begin, op band opgeneem is dat hy heen en weer swenk op die pad tussen Okahandja en Otjiwarongo.
Hy het homself dae later by die polisie in die hoofstad oorhandig en beweer hy ontvang mediese behandeling.
Dit het sedertdien ook bekend geword die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste én die raad op gesondheidsberoepe het ondersoeke na beweerde onprofessionele gedrag teen die dokter van stapel gestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie