Chiropraktisyns besoek Kavango
Die Namibiese Chiropraktisynsvereniging sal vandeesweek gratis dienste aan die noorde van die land lewer.
Chiropraktisyns sal die sendingstasies by Nyangana en Andara in die Kavango-Oosstreek van 13 tot 16 Junie besoek.
Volgens die president van die vereniging, dr. Elga Drews, is dit die derde keer wat sy saam met studente van die Madrid Kollege vir Chiropraktisyns na die Kavango sal reis om gratis dienste aan gemeenskappe in die streek te bied.
Dié dienste sluit in onderrig oor spinale gesondheid, wat fokus op die regte postuur en voorkomende maatreëls om rugpyn te vermy, 'n eenvoudige oefenprogram wat deur oud en jonk gevolg kan word, asook fisieke ondersoeke na moontlike pynlike bewegings en probleme van die skelet.
Vitamienaanvullings sal ook aan kinders verskaf word. Die besoek vind op 13 en 14 Junie van 09:00 tot 17:00 by die Nyangana-hospitaalsaal plaas en op 15 en 16 Junie van 09:00 tot 17:00 by die Andara-hospitaalsaal.
Enigiemand wat las het van rug- en gewrigpyn, seer spiere, styfheid, spanning en hoofpyne is welkom om van die gratis dienste gebruik te maak.
Vir meer inligting, skakel dr. Drews by 081 325 2180.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie