Coetzee en Geiger wen toppryse
Baarshengel
Johan Coetzee en Jürgen Geiger van die Namibiese Baarshengelvereniging (NBHV) is die toppresteerders vir die 2018-'19 hengelseisoen.
Coetzee en Geiger asook ander lede van die NBFV het onlangs in die hoofstad by 'n prysuitdelingsdinee erkenning vir hul prestasies ontvang.
Geiger is as die Bank Windhoek nasionale Trail-hengelaar van die jaar aangewys. Hy het gesê: “Dit is vir my 'n voorreg om ná 15 jaar as lid van die NBHV dié trofee vir die tweede keer vas te hou. Dit is ongelooflik om te sien hoe hoog die standaard van die sport oor die afgelope jare geword het.
“My opregte dank aan Bank Windhoek wat dit moontlik maak. Die bank se ondersteuning maak dit vir ons moontlik om baarshengel te kan beoefen en ons vernuf as professionele Namibiese hengelaars te verbeter.”
Coetzee het die Bank Windhoek nasionale kampioenskapstoekenning opgeraap, gevolg deur André van Vuuren (tweede) en Thinus Williams (derde). As hengelaar wat die meeste gedurende die seisoen verbeter het, het Nic Kruger die eer ontvang.
Richard Grant, voorsitter van die NBHV, sê: “Kruger het 'n besonderse jaar agter die rug waar hy in feitlik elke kompetisie onder die voorste plekke geëindig het. Hy het met rasse skrede verbeter en sal in die toekoms dopgehou moet word.”
Dire 2018 Bank Windhoek Nasionale Trail-toernooi was 'n besonderse mylpaal vir die NBHV wat verskeie eerstes opgelewer het. By die skaal is 546 baarse teen 420 kilogram ingeweeg, wat 'n gemiddelde gewig van 770 gram per vis is.
Max Pieper het die swaarste sak vir die Vyfvis-toekenning met 7.251 kg ingepalm, met die tweede swaarste sak van 6.762 kg wat aan Johan Coetzee behoort het. Coetzee het ook die prys vir die swaarste baars in 2018 opgeraap wat die skaal op 3.660 kg laat staan het. Pieper was kort agter hom met 'n vangs van 3.462 kg.
Colette Carstens, uitvoerende lid van die NBHV, het 'n toekenning vir haar jarelange toewyding en bydrae ontvang.
Grant het die span bedank wat Namibië by die Streek 5- en Swartbaarswêreldkampioenskap verteenwoordig het. Die Namibiërs het nie by die twee toernooie na wense presteer nie, maar kan steeds hul koppe hoog hou.
BELEGGING IN BEWARING
Grant het Bank Windhoek bedank wat al vir die afgelope sewe jaar sy gewig agter die hengelaars ingooi.
“Om met so 'n ongelooflike span van Bank Windhoek saam te werk, is 'n groot plesier. Bank Windhoek het hom opnuut verbind om die 2019 Nasionale Trail-toernooi te borg. Die geld sal hoofsaaklik gebruik word om ons kompetisies aan te bied,” het Grant gesê.
Me. Suzette January van Bank Windhoek vertel die NBHV het in 2018 vir die eerste keer in 18 jaar jong baarse wat as vingerlinge bekendstaan by die damme vrygelaat waar kompetisies gehou word. Met die nuwe generasie vissies wat by die bestaande baarse gevoeg is, is “vars gene” by die huidige poel gevoeg wat die spesie sal versterk.
“Dit is sulke stories wat ons trots maak om met die NBHV vereenselwig te word, want hulle maak daarmee seker dat ons vis vir die volgende geslagte bewaar word. Baie geluk aan al die presterende hengelaars en ons wens die NBHV 'n suksesvolle seisoen toe,” het January gesê.
Die eerste kompetisie op die NBHV se agenda is die 2019 Bank Windhoek Trail-toernooi wat op Saterdag 30 Maart by die Von Bachdam gehou sal word.
Voordat die nuwe seisoen afskop, sal die NBHV in samewerking met Scouts Namibië sy eerste junior ontwikkelingsdag op 16 Maart by die Von Bachdam aanbied. Die NBHV sien daarna uit om sy eerste volwaardige junior kompetisie in baie jare aan te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie