Colbin klim op wêreldranglys

Andrew Poolman
Colbin du Plessis, ’n boorling van Oranjemund en produk van Oranjemund Privaatskool, het die eer te beurt geval om die nuutste wêreld- en Afrika-ranglys in pluimbal te haal.
Du Plessis is reeds die afgelope vier jaar die topgekeurde speler in Namibië op junior én senior vlak.
Op die wêreldranglys was hy aan die einde van verlede maand in die gesamentlike 682ste plek (59ste in Afrika). Sy huidige 920 punte het hom in dié hoogste posisie nóg geplaas.
Vanweë die gebrek aan finansies lyk dit egter onmoontlik dat hy aan buitelandse internasionale pluimbaltoernooie sal kan deelneem – wat uiteraard die nodige blootstelling na die volgende hoër vlak sou gee.
Hy het gedurende Desember 2015 in die top-16 geëindig in ’n internasionale toernooi wat in Kaapstad aangebied was.
Gedurende die Afrika kontinentale skoletoernooi wat kort tevore ook in Kaapstad gehou was, het hy en sy spanmaats geskiedenis gemaak deur die goue medalje in te palm.
Hulle het die span van Mauritius – onoorwonne vandat die Afrika-skoletoernooi tot stand gekom het – oortuigend geklop. Du Plessis was kaptein van die span.
Die 19-jarige Colbin is ook op ander gebiede begaaf en ’n uitblinker. Hy het op skool eretoekennings in akademie, musiek en kultuur verwerf. Hy was ook die ondervoorsitter van die leerlingraad.
Verder is hy ’n kranige muurbalspeler. Hy is tans ’n eerstejaarstudent aan die NWU Pukke op Potchefstroom waar hy in die oefengroep van die universiteit opgeneem is. Hy moes dit egter laat vaar omdat dit met sy studies inmeng, hoewel hy die nommer 2 muurbalspeler vir sy koshuisspan is.
In Julie sal Du Plessis die NWU Pukke op die SA Universiteite pluimbalkampioenskap in Kaapstad verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!