Coleman se heldedaad red nie Olimpiese hoop
Sokker
Die Brave Gladiators, Namibië se nasionale senior vrouespan, se Olimpiese droom is Dinsdagaand in die Sam Nujoma-stadion deur Botswana gesink.
Die Gladiators moes dié botsing teen die Sebras met twee doele wen om tot die volgende ronde te vorder. Ten spyte van hul kaptein Zenatha Coleman se twee treffers moes die gasheerspan toesien hoedat die besoekers hul telling ewenaar om die eerste kwalifiserende ronde met 'n aggregaattelling van 3-2 te wen.
Verlede Vrydag met die spanne se eerste wedstryd in Gaborone was daar dalk te veel op Coleman staatgemaak om vrou-alleen die Sebras te tem. Al is Coleman 'n doelmasjien by haar Spaanse klub Valencia, kan sy nie 'n oormag alleen oorrompel nie. Om doele te behaal en finale afronding voor die doelkas te doen, het Coleman ondersteuning van spanmaats op die aanval nodig.
Namibië se slae van 0-1-0 laas Vrydag in Botswana het hulle duur te staan gekom en het die Gladiators se taak bemoeilik vir die tuiswedstryd vyf dae later in Windhoek.
Hul aanslag het Dinsdagaand goed begin toe Coleman binne die eerste paar minute 'n vryskop teen die Sebras se doelnet laat plof het.
'n Begeesterde Botswana het in die tiende minuut die telling gelykop gemaak toe Nondi Mahlasela 'n dwarsskop van Refilwe Tholakele akkuraat laat tref het.
Die gebrek aan ervaring en goeie oordeel het die Namibiese vroue duur te staan gekom.
Hoewel hulle met tye goed aangeval het, het te veel bewegings skipbreuk gely met swak opsies en aangeewerk wat hulle besit gekos het.
Net voor halftyd het Coleman die besoekers verras en byna op 'n identiese wyse die telling met 'n vryskop met 2-1 terug in Namibië se guns geswaai.
Die Namibiërs wat straks te aanvallend ingestel was, het egter spelers op die verdediging ingeboet wat gate agterlangs gelaat het.
Met bykans 38 minute speeltyd in die tweede helfte oor, begaan die Gladiators 'n blaps wat hulle die wedstryd kos. Nadat Lovisa Mulunga 'n dwarsskop na Thomalina Adams gestuur het, kon Adams nie daarin slaag om Botswana se doelwagter te klop nie. Die Sebras loods 'n teenaanval en met 'n oop doelhok voor haar behaal Nondi Mahlasela haar tweede doel om die telling twee-elk te maak.
Botswana sal nou in die tweede kwalifiserende ronde vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio teen Suid-Afrika kragte meet.
Die span wat Botswana aangedurf het, was Lydia Eixas, Ester Hamukwaya, Ndapewa Katuta, Emma Naris, Lovisa Mulunga, Memory Ngonda, Milicent Hikuam, Miltret Ujamba, Julia Rutjindo, Zenatha Coleman en Thomalina Adams.
Reserwes wat opgestuur is, was Mamie Kasaona, Juliana Blou en Beverly Uueziua.
- Nampa/NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie