Comair voel pyn van duurder brandstof
Comair voel pyn van duurder brandstof

Comair voel pyn van duurder brandstof

Francois Williams – Die lugdiensgroep Comair voel die pyn van stygende brandstofpryse.

Comair, wat die plaaslike franchise vir British Airways besit en die laekostelugdiens kulula.com bedryf, verwag sy verdienste per aandeel vir die halfjaar tot einde Desember sal tussen 35% en 45% laer wees as in dieselfde tydperk in 2017.

Comair, wat op die JSE genoteer is, verwag ’n verdienste en wesensverdienste per aandeel van tussen 24c en 29c, teenoor die vorige vergelykende tydperk se 43,6c per aandeel.

Die rede vir die laer verdienste is volgens Comair grootliks te wyte aan ’n styging van sowat 35% in die prys van vliegtuigbrandstof vir die tydperk.

Sy aandeelprys was Woensdag sowat 2% laer op R4,90 nadat die nuus van die laer verdienste bekend geword het.

Comair mik om teen 19 Februarie sy halfjaarresultate bekend te maak.

Hy moet in die binnelandse mark meeding met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat in staatsbesit is en in sy vorige boekjaar ’n verlies van sowat R5 miljard gely het. Die SAL word tot dusver met lenings en belastingbetalers se geld aan die lewe gehou.

Die hooggeregshof in Johannesburg het in 2017 ’n siviele eis van sowat R1,16 miljard van Comair teen die SAL toegestaan vir skade wat hy gely het weens die SAL se teenmededingende optrede. Die SAL het daarteen geappelleer, en ’n teenappèl van Comair sal vroeg vanjaar aangehoor word.

As dié teenappèl slaag, sal Comair geregtig wees op die oorspronklike skadevergoeding plus rente, wat die bedrag tot sowat R2 miljard sal laat styg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!