Connor deur na semifinaal

Suid-Afrikaners vul ses uit die agt posisies in die halfeindronde vir seuns en meisies in die o.16-ouderdomstoernooi.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Connor van Schalkwyk, Namibië se tweede gekeurde speler by die Internasionale Tennisfede­rasie (ITF) se huidige o.16-toernooi vir Suider-Afrika, is steeds op koers om vandeesweek goed te vaar by die Sentraal-bane in Windhoek.

Van Schalkwyk het gisteroggend sy kragmeting in die derde ronde met 6-3, 6-1 teen Mikhail Raja van Zimbabwe (agtste gekeur) gewen. Die Namibiër was die vorige dag met 6-2, 6-0 te sterk vir die ongekeurde Jonathan Gaetsaloe van Botswana, nadat hy 'n loslootjie vir die eerste ronde gehad het.

Van Schalkwyk is bestem om van­oggend in sy semifinaal teen een van drie Suid-Afrikaners te staan te kom wat nog in die o.16-seunskompetisie oorbly. Rohan Loubser (nr. 4) was gister met 6-1, 6-3 te afgerond vir Michael Happy (nr. 7) van Zimbabwe.

Die eerste gekeurde seunspeler van Suid-Afrika, die blondekop Devin Badenhorst, lyk ook onheilspellend op dreef. Hy was gister met 6-0, 6-3 baas teen Madagaskar se Sampras Rakotondrainibe (vyfde gekeur).

Badenhorst se wagtende opponent in die semifinaal is sy derde gekeurde landgenoot Anro Nel, wat moeiteloos met 6-0, 6-1 verby Botswana se Oabona Koobatile (nr. 6) geseil het.

Op die ITF se nuutste junior ranglys (o.18) is Badenhorst tans die hoogste van almal gereken (259ste), terwyl Van Schalkwyk se 337ste posisie die hoogste van sy loopbaan sover is. Van die ander twee semifinaliste is Anro Nel 493ste en Rohan Loubser 782ste. Almal van hulle is 15 jaar oud.



ONDER 16 MEISIES

Suid-Afrika se beste drietal en een speler van Madagaskar is die kandidate wat vir die halfeindronde van die o.16 meisieskompetisie oorgebly het.

Gister se uitslae van die kwarteindstryde:

Leigh van Zyl (RSA, nr. 1) klop Tinashe Mukumba van Zimbabwe met 6-1, 6-3.

Suzanie Pretorius (RSA, nr. 2) klop Neo German (Botswana) met 6-0, 6-0.

Naledi Manyube (RSA, nr. 3) klop Randy Rakotoarilala van Madagaskar (nr. 5) met 6-3, 6-0.

Safidi Nomenjanahary (Madagaskar, nr. 4) klop Tadisa Chamisa van Zimbabwe (nr. 5) met 7-5, 6-0.

Die loting vir die semifinale is Van Zyl teen Manyube, en Pretorius teen Nomenjanahary.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!