Corona draai in parlement
Augetto Graig – Die Swapo-agterbanker en parlementslid me. Pendukeni Iivula-Ithana het gistermiddag die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, oor die veiligheid van Namibiese studente in China gevra.
Dít na aanleiding van die voortslepende verwoesting wat die coronavirus in die Oosterse moondheid saai.
Kandjii-Murangi het gesê amptenare van die ministerie was in gesprek met Namibië se ambassadeur in China en van die studente.
“Ons was eers bekommerd oor ons 27 studente in die Wuhanstreek, maar ons is gerusgestel dat hulle soos Chinese burgers beskerm word,” het sy gesê.
Kandjii-Murangi het ook gesê die studente se bewegings is beperk.
Volgens haar is verskeie ministeries betrokke by ’n tegniese komitee onder leiding van die gesondheidsministerie wat ook kyk na die beste moontlikheide om die studente terug te bring na Namibië sou die situasie vererger.
“Daar is geen rede vir paniek nie – alles is onder beheer,” het Kandjii-Murangi volgehou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie