Coronavirus kan vooruitgang met MIV/vigs uitwis
Unaids beraam 62% van die nuwe MIV-infekterings is onder sleutelbevolkings en hul seksmaats.
Henriette Lamprecht – Deur die behoeftes van kwesbare demografiese groepe te ignoreer in die tyd waarin die Covid-19-pandemie wêreldwyd woed, kan die vooruitgang uitgewis word wat met die stryd teen MIV/vigs gemaak is.
Om kwaliteit, nie-diskriminerende MIV-voorkoming, behandeling, sorg-, ondersteunings- en gesondheidsdienste in die algemeen tot sleutelbevolkings en migrante in die lig van die pandemie beskikbaar te stel, is daarom noodsaaklik.
Volgens die gesamentlike program van die Verenigde Nasies vir MIV/vigs (Unaids) se werksgroep vir sleutelbevolkings moet dié dienste gebaseer word op respek, beskerming, die verwesenliking van menseregte, ongeag van bestaande strafmaatreëls, beleidsrigtings en praktyke.
Unaids beraam 62% van die nuwe MIV-infekterings is onder “sleutelbevolkings” en hul seksmaats.
Sleutelbevolkings ervaar spesifieke vorms van uitsluiting, kriminalisering, ongelykheid en diskriminasie wat hulle veral weerloos vir MIV en nou ook vir Covid-19 maak.
Die verslag verwys veral na mense in tronke en plekke waar sosiale afstand moeilik is en wat uiters kwesbaar vir Covid-19 is.
“Mense in tronke het 'n hoër voorkoms van MIV en tuberkulose (TB) wat weer 'n hoër risiko vir komplikasie inhou sou hulle met Covid-19 besmet word. Dieselfde geld vir migrante wat 'n hoër risiko vir MIV in die gesig staar,” lui die verslag.
Met verwysing na die LGBT-gemeenskap word ook 'n verhoogde risiko van huishoudelike en gesinsgeweld tans ervaar, tesame met verhoogde maatskaplike isolasie en struikelblokke om noodsaaklike MIV-behandeling te kry.
Unaids se jongste verslag “Seizing the Moment” maan dienste moet billik wees, gegrond op ingeligte toestemming, vertroulik en veilig – vir gemeenskappe sowel as gesondheidsorgwerkers.
In die lig van die huidige Covid-19-pandemie en die inperkings wat dit teweeg gebring het, stel die verslag veilige toegang tot tuisgebaseerde MIV-toetsing sowel as berading voor.
Waar moontlik moet drie tot ses maande se voorraad van antiretrovirale (ARV's), sowel as behandeling vir TB en virale hepatitis voorsien word om voortgesette behandeling te verseker, MIV-oordrag en ook die risiko van Covid-19 te verminder.
Mense wat dwelms gebruik, moet volgens die verslag ook toegang tot verskeie dosisse vir die vervanging van opiate hê om tuisbesoeke en moontlike blootstelling aan Covid-19 te verminder.
VROEë VRYLATING
Ook kan alternatiewe tot tronkstraf, waar toegelaat, vir niegewelddadige misdade lewens red en veral vir misdade wat nie onder internasionale wette erken word nie.
Maatreëls van vroeë vrylating moet vir spesifieke kategorieë mense wees wat 'n hoë risiko vir Covid-19 het en wat bejaardes en individue insluit wat deur chroniese siektes en ander gesondheidstoestande geraak word. Die maatreëls moet ook geld vir swanger vroue, vroue met afhanklike kinders, gevangenes wat die einde van hul tronkstraf nader, sowel as die wat vir geringe misdade tronk toe gestuur is.
Maatskaplike noodmaatreëls is volgens die verslag nodig vir sleutelbevolkings omdat hulle dikwels uitgesluit word van maatskaplike dienste en wat behuising en gesondheidsversekering insluit.
Hulle werk ook dikwels in haglike omstandighede.
Die verwoestende uitwerking van strawwe en wette om oordrag en blootstelling aan Covid-19 te kriminaliseer op mense wat reeds gemarginaliseer is, is volgens die verslag duidelik gedokumenteer deur die globale kommissie vir MIV en die wet.
“Ons gaan nie Covid-19 stop as sommige mense nie toetsing kan bekostig of nie toegang daartoe het nie. Ons moet verseker enige reaksie tot die siekte of enige pandemie of gesondheidsnoodtoestand los nie sleutelbevolkings, migrante en ander weerlose groepe agter nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie