Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae
Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

Kwarantynreëls verontagsaam
Dani Booysen
‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.
Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.
Persone waarmee die vragmotorbestuurder (47) kontak gehad het, sal vandag nagespoor word, het dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, vanoggend by die nasionale kommunikasiesentrum in Windhoek gesê.
Die man en ‘n ander vragmotorbestuurder het volgens Shangula skelm uit kwarantynfasiliteite by Walvisbaai se vragmotel gesluip. Hulle is deur die polisie in hegtenis geneem en daarna in die isolasie-eenheid by Walvisbaai se staatshospitaal gehuisves. Beide is intussen deur hul werkgewers afgedank.
Die bestuurder het op 3 Mei vrag na Johannesburg vervoer en op 8 Mei teruggekeer. Hy is op die 12de dag van sy verblyf in kwarantyn getoets en die positiewe uitslag is gisteraand ontvang.

HERNUDE WAARSKUWING
Shangula het weer ‘n streng waarskuwing aan persone onder kwarantyn gerig om reëls te eerbiedig. Geen besoekers word toegelaat nie. Besoekers sal volgens die minister op eie koste aan kwarantyn onderwerp word.
“Sporadiese, ingevoerde” gevalle kan volgens Shangula verspreiding in die gemeenskap veroorsaak.
Shangula wou by navraag nie aan Augetto Graig van Republikein sê in watter buurt of buurte in Walvisbaai die uitglippers gaan kuier het nie.
Hy wou ook nie besonderhede verstrek oor waar gevalle 17, 18, 19 en 20 in kwarantyn was of in watter isolasiefasiliteite hulle geplaas is nie. Volgens Shangula kla persone oor teistering en sal sulke inligting nie verstrek word nie.

ANDER DATA
Sewe positiewe gevalle is tans in isoleringseenhede in die land.
Volgens Shangula is 180 toetse gister uitgevoer, waarvan 179 negatief was.
‘n Totaal van 1 594 persone is dusver onder kwarantyn geplaas. Hiervan is 973 reeds ontslaan. Die aantal mense tans onder kwarantyn is 621.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!