Covid-19 bly verwoestende ontwrigter
Covid-19 bly verwoestende ontwrigter

Covid-19 bly verwoestende ontwrigter

Media se rol kritiek belangrik
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher



Alhoewel Suid-­Afrika se koers van infektering heelwat laer is as die internasionale ervaring, het die jongste verloop van die pandemie die regering ­genoodsaak om sekere vergunnings in te perk.

Daar was ­onbedoelde gevolge wat tot so 'n mate 'n invloed op gesondheidsdienste gehad het dat sekere inperkings nou weer van krag is.

Ander lande is soort­gelyk besig om sekere beperkings weer in te stel in afwagting op 'n volgende vlaag infeksies. Ten beste bly die verloop van die pandemie ontwrigtend en onvoorspelbaar.

Die afwesigheid van enige sigbare bewyse van mense wat sterf, is volgens sommige kenners 'n faktor wat tot onverskillig­heid bydra. Tensy 'n naasbestaande of kennis 'n slagoffer is of was, steur te min hulle aan die feite­like toedrag van sake ten opsigte van ­beskikbare gesondheidsdienste soos hospitaalbeddens, die blootstelling van gesondheidswerkers ens.

Die debat oor wat nodig is in terme van ­inperkings en vergunnings, bly ­onversadig.

Die Wêreld- ­Ekonomiese Forum (WEF) het vervolgens 'n verslag gepubliseer en belig 'n aantal ­kritieke aspekte van die ­pandemie waarvan ons gerus kan kennis neem.

Die eerste aspek handel oor die media en die ­kritieke rol wat die media speel of behoort te speel in die balansering van wat die publiek benodig in terme van belangrike inligting enersyds, en die belange van die sakewêreld. Met 'n pandemie van hierdie omvang is die bronne van ­betroubare ­inligting kritiek belangrik en die media se rol as agendabepaler kan nie onderskat word nie.

Sensasie is net so gevaarlik soos fopnuus en die vraag is wie watter toegang het tot die regte inligting.

Tydige, betroubare inligting word 'n openbare kommoditeit, want indien dit slegs toeganklik is teen betaling, sal te veel daaronder lei en slagoffer ­waningelig word.

Een van die grootste ­uitdagings van die media is om die geloofwaardigheid van die wetenskap ­betrokke by die pandemie te help beskerm.

Dit is nie 'n maklike taak nie, want vanweë die aard en omvang van hierdie “nuwe” siekte is baie gedwing tot 'n ­onbekende leerkurwe. Ewewig in rapportering bly die antwoord.

Die tweede aspek handel oor reaksie op ­beskikbare feite en die herstelproses. Daar heers 'n hewige debat oor die groter oopstel van die ekonomie en woeste beskuldigings word oor en weer tussen die private sektor en die staat geslinger. Tans lyk dit of doelwitte strategies nader aan mekaar beweeg, maar die jongste opskorting van drankverkope het bewysbare katastrofiese gevolge vir die wynbedryf alleen.

Terselfdertyd is daar ewe sterk argumente dat drankverwante trauma broodnodige hospitaalbeddens beset. Dit word 'n etiese kwessie van wie voorkeur moet kry in die geval van beperkte intensiewegesondheidsorg.

Die ekonomiese impak van die beperkings word erken deur die staat en hulppakkette is geskep om verligting te bring. Onteenseglike bewyse bestaan dat dit ongelukkig nie eers genoeg is vir normale onderhoud nie, met die gevolg dat die ekonomie bly inkrimp. Die stroomaf impak hiervan is sistemies van aard en gaan lank neem om te ontgroei. Die regte ­monetêre beleid is die antwoord, maar daaroor is daar ook hewige debatvoering.

Mense kan nie gaan werk nie en hoewel werkgewers met en sonder die hulp van staatstoelaes probeer om te hou by ­betaalkontrakte, is salarisvermindering wel aan die orde, maar dié stroompie raak al hoe flouer. ­Afleggings neem toe en so ook werkloosheid. Werkloosheidsversekering bied tydelike oplossing, maar daar is geen blywende vooruitsig van indiensneming soos voor die pandemie nie. Werk of nie werk nie is 'n wipplank affêre en 'n afgeleide van wat toegelaat word en hoe bedrywe mag werk.

In sommige gevalle is ­beperkings wel gelig, maar onder sulke streng ­voorwaardes dat dit nie ekonomies regverdigbaar is om wel 'n besigheid oop te maak nie.

Dis nou oorlog teen die verspreiding van die virus, met klem op mense wie beter moet voldoen aan die basiese vereistes teen verspreiding. Die dra van maskers in die openbaar is nou wetlik afdwingbaar. Persoonlike higiëne soos die gereelde was van hande en die handhawing van sosiale afstand moet eenvoudig afgedwing word en dit is juis die onverskilligheid van te veel wat nou die oorsaak van versnelde infektering is.

Die pandemie is lank nie oor nie en alhoewel daar aanduidings is dat Suid-Afrika beter vaar as ander lande, is Covid-19 nie 'n kat wat sonder handskoene aangepak kan word nie. 'n Verdiepende besef van nakoming is nou die aangewese roete.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!