Covid-19-brokkies
CCN sê oor gedenkdienste, begrafnisse
Die Raad van Kerke in Namibië (CCN) het ’n beroep op sy lidkerke en die groter kerkgemeenskap gedoen om midde die pandemie kalm te bly en voorkomende voorsorgmaatreëls deur die owerhede te volg.
Die CCN sê as christene wat lewe verkondig, behoort gemeentes die pandemie in ’n ernstige lig te beskou en vir ’n tyd lank nie dienste te hou, vir nagmaal byeen te kom, kinders en ouer lidmate te doop en paartjies te trou nie.
“Gedenkdienste moet opgeskort word en begrafnisse moet in die buitelug aangebied word. Die aantal dae wat roubeklaers byeenkom, moet verkort word en teraardebestellings moet kort gehou word,” sê die waarnemende sekretaris-generaal van die CCN, past. Ludwig Beukes.
Eredienste, gebede en aankondigings kan deur sosiale media gekommunikeer, sê hy in die CCN se verklaring.
Beukes sê daar is pastore wat bekommerd is dat hulle gemeentelede se offergawe gaan verloor as eredienste nie plaasvind nie.
“Ware geestelike leiers sal die welsyn van God se mense eerste plaas en mense nie manipuleer vir hul eie belang nie,” maan hy.
Die CCN doen ook ’n beroep op mense ook om nie vals profete te glo wat aanspraak maak op supermagte wat mense beskerm en genees nie.
Geingos hervat vandag werk
Die eerste dame, me. Monica Geingos, is vandag terug in die tuig.
Dit kom nadat sy die afgelope week onder selfkwarantyn was.
Dr. Veronica Theron, haar tegniese raadgewer, het gistermiddag bevestig Geingos het besluit om te selfisoleer om versigtig te wees en om dié om haar te beskerm.
Die eerste dame was nie in kontak met enigiemand wat Covid-19 onder lede het nie en voel goed en gesond, het Theron voorts bevestig.
Geingos was in Londen in die Verenigde Koninkryk.
Pres. Hage Geingob het vroeër vandeesweek by Staatshuis aan die media onthul Geingos selfisoleer.
Intussen het Namibië se diplomaat in Frankryk, amb. Albertus Aochamub, almal bedank wat goeie wense gestuur het.
Hy het vroeër dié week positief vir die virus getoets.
“Alle boodskappe word goed ontvang en waardeer. Ek is in die hospitaal en sterk goed aan,” het hy in ’n aanlyn plasing gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie