Covid-19 Brokkies
Covid-19 Brokkies

Covid-19 Brokkies

Sensusopname tydelik opgeskort

Weens die Covid-19-pandemie het die Namibië Statistieke-agentskap (NSA) hul opnames vir die 2021-sensus tydelik opgeskort.

Dit het in Oktober verlede jaar afgeskop en sou tot November vanjaar duur.

Die NSA se statistikus-generaal en uitvoerende hoof het besluit om werksaamhede tot 14 April op te skort, of tot die situasie stabiliseer.

“Dit omdat personeel wat in die veld werk, huise moet besoek en persoonlike onderhoude met mense in huishoudings moet voer. Dit sal die risiko vir personeel en lede van huishoudings verhoog wat aan die opname deelneem,” lui ’n verklaring van die NSA.

Die agentskap het ook besluit om besoeke aan hul kantore te verminder, daarom word die publiek versoek om hulle eerder te e-pos by [email protected], of www.nsa.org.na te besoek, of hul app (Namibia Statistics Agency) af te laai.

CoW-kliënte moet vir selfhelpdiens registreer

Om die risiko te beperk wat met die Covid19-pandemie gepaard gaan, moedig City of Windhoek (CoW) inwoners aan om te registreer om hul rekeninge via SMS te besigtig.

Stuur ’n SMS met jou rekeningnommer en jou nuutste staatnommer na 269 600 (‘n SMS kos N$0.40). Gebruik die volgende formaat: mreg rekeningnommer*staatnommer.

Om rekeningnavrae te doen stuur ‘n SMS na 269 600 (‘n SMS kos N$0.40). Gebruik asseblief die volgende formaat: bal rekeningnommer.

Die betalingsmetodes is aanlyn bankdienste, selfoonbankdienste, kontantdeposito’s by OTM’s en banktoepassings.

Jou rekeningnommer moet gebruik word as die begunstigde se verwysing wanneer jy ‘n betaling elektronies of via bankdeposito maak. E-pos die bewys van betaling na [email protected] of skakel 061 290 2540/2139/2232.

Die bankbesonderhede is City of Windhoek, FNB Business, rekeningnommer 55500033613, taknommer 281872 en snelkode FIRNNANX.

Vir navrae kan die CoW se kliëntediensafdeling by 061 290 3777 gekontak word.

Watertoevoer herstel

Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het alle plaaslike owerhede beveel om huishoudings wie se watertoevoer gesny is, toegang tot water te gee.

So het die uitvoerende direkteur, mnr. Daniel Nghidinwa, gister by navraag bevestig.

Maar, sê hy, verbruikers moet ’n fooi betaal “en dit word dus van die publiek verwag om hul kant te bring in die vorm van samewerking met die plaaslike owerhede en te betaal vir soveel as wat hulle kan vir die dienste”.

Sosioloog sê oor selfisolasie

Dr. Ellison Tjirera, ’n sosiologiedosent verbonde aan die Universiteit van Namibië, sê mense sukkel om gehoor te gee aan selfisolasieriglyne “omdat ons erg sosiale diere is”.

Hy sê: “Ons assosieer en sosialiseer instinktief. Om sosiaal afstand te hou, is baie onnatuurlik. Vir dit om te werk, moet ons verleer wat dit beteken om mens te wees.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!