Covid-19: Die gevolge vir kankerpasiënte
Kankerdiagnose (in alle vorme) en -behandeling kan en behoort deur die pandemie voort te gaan.
Prof. Justus Apffelstaedt
Kanker, soos vele ander gesondheidskwessies, stop nie eenvoudig weens 'n vinnig verspreidende virus wat laat 2019 sy verskyning gemaak het nie.
“Vrees vir die Covid-19-virus en ons oorlaaide gesondheidsorgstelsels het gelei tot die vertraagde diagnose en behandeling van kanker, met onvermydelike, onnodige lewensverlies,” sê prof. Justus Apffelstaedt.
Hoewel die virus nog te nuut is vir enige genoegsame bewyse oor sy interaksie met ander siektes, ingesluit borskanker, sê hy baie kan afgelei word uit die vrylik beskikbare kennis oor die virus se infeksieweë en die algemene invloed wat kankerdiagnostiek of terapie op aansteeklike siektes het.
Onlangse riglyne deur vooraanstaande internasionale organisasies beklemtoon dat die meeste van die diagnostiek en sorg vir borskankerpasiënte na “nie-hospitaal omgewings” soos spesialis-borsgesondheidsklinieke oorgeplaas moet word om die negatiewe impak van kankerdiagnoses en -behandelings te verlig wat wêreldwyd ervaar word.
Om borskanker te diagnoseer, is 'n biopsie noodsaaklik. Dit kan in byna alle gevalle gelei word deur mammografie of 'n sonar in 'n praktiese omgewing soos buite 'n hospitaalomgewing.
Die meeste internasionale kwaliteitriglyne beklemtoon dat in 90% van gevalle 'n diagnose van borskanker vasgestel moet word voordat die pasiënt geopereer word. Diagnostiese dienste moet beskikbaar wees sodat 'n spoedige en akkurate uitslag (kwaadaardig of nie-kwaadaardig) verskaf kan word.
Die oomblik wanneer die diagnose gemaak word, bestaan behandeling uit chirurgie, radioterapie en sistematiese behandelings waaronder hormonaal en chemoterapie.
Met betrekking tot chirurgie is behandeling grootliks nie deur die pandemie beïnvloed nie. Buiten 'n longinfeksie wat tydens algemene narkose in elk geval gevaarlik sal wees ongeag die oorsaak, moet chirurgie voortgaan soos beplan en volgens normale aanduidings.
PROTOKOL EN TERAPIE
Daar is 'n huiwering om vir chirurgie gehospitaliseer te word uit vrees vir infeksie. Dit kan egter bestuur word deur dagprosedures te verkies waar met voldoende narkosetegnieke die pasiënt dieselfde dag van die prosedure huis toe gestuur kan word.
Suksesvolle Europese hospitaalprotokolle word ook plaaslik gevolg, deur vermoedelike Covid-19-pasiënte van ander hospitaalpasiënte te skei wat die risiko vir infeksie via chirurgie verminder.
In sommige gevalle is dit moontlik om veilig chirurgie tot 'n latere datum uit te stel deur hormonale behandeling te verskaf wat die groei van gewasse vir ses maande tot 'n jaar kan stop of omkeer.
Kommer wat steeds bestaan, is die beskikbaarheid van hulpbronne vir gesondheidsorg soos teaterpersoneel in hospitale tydens oplewings van die opeenvolgende golwe van die virus.
Hospitale moes die sorg van Covid-19-pasiënte oor pasiënte met ander gesondheidskwessies prioritiseer en personeel uit teaters haal om met Covid-19-pasiënte in sale te help.
Dit is ook 'n newe-effek van personeeltekorte weens die feit dat personeel met Covid-19 siek word of weens blootstelling moet isoleer.
Radioterapie is een van verskeie behandelingstelsels en word minimaal deur die virus geraak.
Bestralingsterapie vir borskanker het nie 'n groot invloed op immuniteit nie.
Hoewel klein gedeeltes van die long bestraal word, wat nie gewens is in 'n pandemie wat die longe aanval nie, kan versigtige beplanning deur radioloë longbestraling verklein sodat die uitwerking op longfunksie minimaal is.
Mediese onkologieterapie vir borskanker kom voor in die vorm van hormonale terapie, chemoterapie en biologiese middels. Die vermoede bestaan dat hormonale terapie nie die immuniteit verander nie en daarom is slegs algemene voorsorgmaatreëls teen die coronavirus van toepassing.
In teenstelling sal sommige chemoterapie-agente wat oor die algemeen in die behandeling van borskanker gebruik word, immuniteit teen die virus verminder en waarskynlik die pasiënt blootstel aan 'n verhoogde risiko vir infeksie en wanneer die pasiënt geïnfekteer is, moontlik tot ernstige vorme van Covid-19-longsiekte lei.
Soos met hormonale terapie is daar nóg teoretiese redes nóg data om te bevestig geteikende behandelings vir borskanker, in veral behandelings wat fokus op die HER2-reseptor, sal pasiënte in die geval van 'n Covid-19-infeksie nadelig beïnvloed nie.
Dit behoort daarom onveranderd maar met oorweging van die gewone veiligheidsmaatreëls teen Covid-19 voort te gaan.
MOENIE LANK WAG NIE
Weens die nuutheid van die virus en die siekte-manifestasies daarvan is daar tans geen data wat toelaat vir die konkrete beraming van risiko's nie.
Enige beraming is meestal gebaseer op ekstrapolasies van jarelange kliniese ervaring. Borskankerpasiënte word aangeraai om die noodsaaklikheid van behandeling, behandelingsopsies en die voordele binne die huidige pandemie en omstandighede met hul multi-dissiplinêre behandelingspan te bespreek.
Ook om nie die skanderings of diagnoses uit te stel uit vrees om Covid-19 op te doen nie. Borskanker is 'n hoogs behandelbare siekte sou dit vroeg genoeg gediagnoseer word. Die langtermyngevolge om skandering en diagnoses uit te stel, kan daartoe lei dat daar later 'n groter en meer aggressiewe vorm van borskanker is wat behandel moet word. Kankerdiagnose (in alle vorme) en -behandeling kan en behoort deur die pandemie voort te gaan.
* Dr. Justus Apffelstaedt is 'n spesialischirurg met 'n belangstelling in bors-, tiroïed- en paratiroïedgesondheid, sowel as sagte weefsel chirurgiese onkologie. Hy besoek maandeliks sy praktyk in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie