Covid-19 se impak op ons toerisme
FRITZ H DAUSAB SKRYF:
Toerisme is baie belangrik vir werkskepping, sowel as die invoer van buitelandse valuta in Namibië. Toerime is dus baie belangrik vir ons ekonomie.
Namibië is ’n groot land met natuurlike natuurskoon en word oorsee bemark as die land van ruim, oop ruimtes. Wat toeriste meer lok, is die goeie pad infrastruktuur en ’n groeiende ekonomie waarin die regering ’n dominante rol speel. Dit bevorder politieke stabiliteit en vrede, wat ook vir toeriste belangrik is.
Danksy die opening van vorige diamantgebiede in die Sperr Gebiet en roetes in gemeenskapsgebaseerde konsessiegebiede word Namibië jaarliks deur meer as 1,5 miljoen mense besoek (New Era, 2020). Toeriste word egter maklik deur negatiewe tendense afgeskrik. ’n Paar voorbeelde is swak bestuur, stropery, politieke onstabiliteit, oorlog, valutaskommelings en epidemies.
Alhoewel die ministerie van die omgewing en toerisme (en deesdae ook bosbou) geprys kan word vir pogings om wilde diere in Namibië te beskerm, is dit nie suksesvol genoeg nie. Dit kan gesien word in die voortgesette stropery van renosters en olifante.
Toeriste soek vrede. Terwyl sommige in die ware omvang van ons demokrasie twyfel, is Namibiërs meestal wetsgehoorsame burgers en vriendelike mense.
Voortdurende gevegte en oorlog maak toerisme moeilik, soos gesien kan word in Irak, Liberië, Iran, Soedan en Suid-Soedan. Soms verkoop lande soos Duitsland, die VSA, Suid-Afrika, Rusland en China wapens aan teenoorgestelde magte in sulke konflikte.
Soms speel beheer oor die produksie van olie 'n rol en/of minerale hulpbronne. Sogenaamde rebelle maak soms slawe van medeburgers om bronne te skep waarmee hulle op die swartmark kan handel om oorlog te finansier.
Krisisse soos die finansiële ineenstorting in 2008 belemmer ook toerisme.
Die Ebola-epidemie in Liberië in 2012 het ’n verlammende uitwerking op toerisme in Afrika gehad. Die nuwe Covid-19-epidemie is ’n nuwe siekte wat lande dwing om hul grense te sluit.
Toerisme en die gasvryheidbedryf is reeds wêreldwyd swaar getref. Al is slegs 6 000 gevalle van Covid-19 in Afrika aangemeld, kan die virus alleenlik weens uitdagings met gesondheidsorg op die vasteland ekonomiese skade veroorsaak wat selfs dekades kan neem om te herstel.
Baie lodges, hotelle en ander gasvryheidsondernemings in ons land is gesluit. Die regering se hulp ter waarde van N$8,1 miljard gaan dalk te laat kom om baie te help. Normale besoekersgetalle kan moontlik eers oor 'n jaar herstel.
Namibië moet leningsgeld van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) teen Covid-19 inspan en BTW, PAYE en selfs maatskappybelasting vir drie maande opskort en BTW nog vinniger terugbetaal.
Sedert 2016 is duisende werknemers ontslaan omdat ons regering BTW teruggehou en nie hul rekening betyds vereffen het nie. En die les is baie vars in die geheue.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie