Covid-brokkies
Telecom-maatreëls
Telecom Namibia het maatreëls ingestel om te verseker noodsaaklike dienste gaan voort in die tydperk wat streke gehok is.
Kliënte word aangemoedig om van die volgende aanlyn platforms gebruik te maak:
Voorafbetaalde lugtyd sal by outomate by vulstasies en uitgesoekte handelaars (Airtime City, Mobipay, Shoprite, NAMMIC) beskikbaar wees.
FNB- en Standard Bank-kliënte se aanlyn bankdienste sal beskikbaar wees.
Om jou balans na te gaan, stuur 'n leë SMS na 124.
Laai aansoekvorms vir direkte debiete en e-state by www.telecom.na/application-forms af.
Alle aansoeke kan na [email protected] gestuur word
Aanvaarbare betaalmetodes sluit in:
Direkte debiet
Elektroniese oordrag (gebruik altyd die 10-syfer- Telecom rekeningnommer as verwysing)
Bewys van betaling moet aan [email protected] gestuur word.
Rig navrae aan:
TN WhatsApp-nommer: +264852111111
Kliëntedienssentrum: 085120 of 1100 of stuur 'n e-pos aan [email protected].
Water vir 30 dae
Windhoek se munisipaliteit (CoW) gaan maatreëls implementeer om die verdere verspreiding van Covid-19 te voorkom.
Deel hiervan behels dat inwoners wie se watertoevoer weens wanbetaling afgesny is, vir 30 dae se heraansluiting sal kan registreer. Rekeninge vir watergebruik in dié tydperk sal steeds later uitgereik word.
Registreer met die volgende inligting:
Volle naam
Erfnommer
Straatnaam
Naam van woonbuurt of informele nedersetting
Kontaknommer
Skakel die CoW-kliëntedienssentrum by (061) 290-2162 of (061) 290-3777 en verskaf die bogenoemde inligting.
Besoek die skuldbestuur-afdeling by CoW se hoofkantoor en voltooi die register by die ontvangs- of sekuriteitstoonbank.
Duitse toeriste in Namibië
Die Duitse ambassade weet nie hoeveel Duitse toeriste tans in Namibië gestrand is nie.
Wêreldwyd span Duitse ambassades saam om burgers vanuit veral hoërisikolande terug huis toe te neem. Vlugte uit verskeie lande het reeds teruggekeer of is op pad.
Die Duitse ambassade in Windhoek sê hy fokus tans daarop op om die probleem te oorbrug van Duitsers wat in Namibië gestrand is. 'n Dringende beroep word op Duitse toeriste gedoen om by die ambassade te registreer (www.rueckholprogramm.de).
Toeriste word ook versoek om www.windhuk.diplo.de daagliks vir die jongste nuus dop te hou.
'n Vlug met 186 Duitse toeriste aan boord het die hoofstad op 25 Maart verlaat.
Die ambassade hoop nog vlugte sal teen die naweek moontlik wees.
Omgewingsfonds reageer op Covid-19
Die aankondiging van 'n noodtoestand het die Environmental Investment Fund of Namibia (EIF) genoop om bykomende voorsorgmaatreëls te tref om die verdere verspreiding van die virus in die werksruimte te voorkom.
Normale kantoorure (08:00 tot 17:00) en toegang tot die gebou is opgeskort.
Dit geld van 25 Maart tot 14 April, wanneer verdere instruksies van die regering sal bepaal hoe werksaamhede sal voortgaan te midde die Covid-19 uitbreking. Alle afsprake sal tot virtuele platforms beperk word.
Elektroniese kommunikasieplatforms soos e-posse, sosiale media, die webtuiste en die kommunikasiedepartement sal steeds beskikbaar wees om alle navrae te hanteer.
Aandeelhouers word aangemoedig om die fonds se webtuiste by https://www.eif.org.na te besoek.
Produksie-uitsette en algehele doeltreffendheid sal na verwagting weens dié maatreëls afneem.
Die fonds versoek dus dat vennote geduldig sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie