Covid: Entgolf laer as in April
Drastiese toenames in daaglikse inentings bly volgens beskikbare data nodig om naastenby die vereiste syfers vir kudde-immuniteit te bereik.
Dani Booysen – Die afgelope weke meld meer mense in Namibië vir hul inenting teen Covid-19 aan, maar die wenstreep van kudde-immuniteit is nog ver buite sig.
Die Khomasstreek het teen Sondag steeds die wedloop gelei, gevolg deur Kavango-Wes as streek met die kleinste bevolking in die land en die kus, sentrale binneland,
Ooste en Suide, maar persentasiegewys wag groot inhaalwerk in die Noorde.
Ons kaart gee streke 'n punt van 10 vir vordering om, wat eerste inentings betref, die 60%-merk vir kudde-immuniteit te haal.
Van die meer as 104 000 persone wat tot dusver 'n eerste spuit ontvang het, is 8 361 (8%) gesondheidswerkers. Gesondheidswerkers verteenwoordig 14% van mense wat ook hul opvolgspuit ontvang het en dus as volledig geïmmuniseer beskou word.
Ons grafika wys data soos gerapporteer, maar inligting word nie altyd betyds uit alle streke ontvang nie. Die Erongostreek se totaal vir eerste inentings staan byvoorbeeld op net meer as 11 000, terwyl beamptes in die streek sê die 12 000-merk is reeds bereik.
In die Khomasstreek is die afgelope week van Maandag tot Vrydag gemiddeld 985 mense per dag ingeënt met die hoogste syfer, 1 069, wat vir die afgelope Dinsdag aangeteken is.
Ander streke se weeksdaggemiddelde was soos volg:
Erongo 273, Otjozondjupa 257, Kavango-Wes 178, Oshana 199, Oshikoto 197, Omusati 190, Hardap 171, Omaheke 151, Kunene 140, Kavango-Oos 114, ||Kharas 111, Ohangwena 94 en Zambezi 46.
Data wys inentings oor die naweek bly sporadies.
Teen Sondag was 19 930 volledig ingeënt. Van hulle is 2 862 gesondheidswerkers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie