'Covid of nie, jul toekoms wink' – Nghipondoka
In die Oshanastreek is Covid-19-gevalle by ses skole aangemeld.
Tuyeimo Haidula
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het twee hoërskole in die Oshanastreek besoek om onderwysers en leerlinge aan te moedig om nie moed te verloor in hul voorbereiding vir die eksamens te midde van positiewe Covid-19-uitslae het nie.
Nghipondoka het aan leerlinge van die senior sekondêre skole Oshakati en Iipumbu gesê hul onderrig is in hul eie hande en hulle moenie toelaat dat die coronavirus hulle ontmagtig nie.
Die Sekondêre Skool Oshakati het 1 126 leerlinge en vandat sy eerste Covid-19-geval op 9 Oktober aangeteken is, het sover 144 leerlinge positief getoets.
Mondelinge eksamens by die skool het sowat twee weke gelede afgeskop met die skool wat persoonlike beskermende toerusting (PPE's) en afskortings gekry het om leerlinge en onderwysers te beskerm.
Die Sekondêre Skool Iipumbu het 1 190 leerlinge en 68 Covid-19-gevalle, van wie sewe reeds herstel het.
Die uitslae van 71 leerlinge wie se weefselmonsters Vrydag geneem is, word nog afgewag.
Die minister het die leerlinge gemaan om nie die pandemie as verskoning te gebruik om die eksamens te druip nie. Volgens haar het die ministerie genoeg tyd aan leerlinge gegee om terug te keer skool toe om werk in te haal.
“Ek besoek julle met 'n boodskap van hoop. Covid-19 gaan nie verdwyn soos wanneer jy 'n kraan toedraai nie. Dit is normaal om vrese te hê, maar ons moet optimisties wees,” het sy gesê.
Nghipondoka het leerlinge aangemoedig om positief te wees en te onthou slegte situasies is nie permanent nie. Sy het beklemtoon alles hang af van elke individu op sy of haar situasie reageer.
“Covid-19 of nie, sê vir jouself jy het 'n blink toekoms. Leef 'n normale lewe in 'n abnormale situasie en moenie moed verloor nie. Geen verskonings oor Covid-19 nie. Ons verwag van julle om deur te kom. Covid-19 gaan nie jou toekoms verander nie. Julle is my geseënde kinders.”
Die minister het leerlinge ook teen 'n negatiewe denkpatroon gemaan en gesê hulle doen nie hul onderwysers of ouers 'n guns deur skoolbywoning nie, maar belê in hul eie toekoms.
Nghipondoka het gemaan leerlinge moet hulle daarvan weerhou om te dink “solank ek net eksamen skryf, al kom ek nie deur nie”.
“Jy moet vir jouself sê jy sal deurkom, want jy het onderrig ontvang en verdien om deur te kom.”
Oshana se direkteur van onderwys, me. Hileni Amukana, sê die streek het aanvanklik gesukkel, maar kon daarin slaag om PPE's vir onderwysers en vir die hantering van eksamenvraestelle aan te koop. Volgens Amukana het die streek tans Covid-19-gevalle in ses skole.
Alle skole het reëlings getref wat positiewe gevalle skei van dié wat nog op uitslae wag en dié wat negatief getoets het.
Alle leerlinge word by die onderskeie skole gehou om gemeenskapsoordrag te voorkom. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie