Covid-sterftes styg tot 15
Henriette Lamprecht
Drie Covid-19-verwante sterftes is gister in die Erongostreek aangemeld en wel twee op Walvisbaai en een in Swakopmund. Die bring die nasionale totaal op 15 te staan.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is die een sterfte op Walvisbaai ’n 70-jarige man wat in ’n ernstige toestand in die staatshospitaal op die hawedorp opgeneem is. Hy het onderliggende chroniese mediese toestande gehad en is binne ’n uur nadat hy op ’n ventilator geplaas is, op 4 Augustus oorlede.
Die tweede sterfte op die hawedorp is ’n 52-jarige vrou wat op 14 Julie in die Welwitschia-hospitaal op die dorp opgeneem is. Sy was in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal en op ’n ventilator. Sy het onderliggende chroniese mediese toestande gehad en is op 5 Augustus oorlede.
Die sterfte in Swakopmund is ’n 73-jarige vrou wat op 2 Augustus in die private hospitaal op die dorp met Covid-verwante simptome opgeneem is. Haar toestand het sedert 3 Augustus versleg en sy is twee dae later oorlede.
Shangula het ook 112 nuwe gevalle aangekondig en wel 42 in Walvisbaai, 36 in Swakopmund, 19 in Windhoek, nege in Oshakati, terwyl Engela, Eenhana, Rundu, Omuthiya een geval elk aangemeld het.
Uit die 112 gevalle is 67 vroue en 45 mans en die ouderdomme wissel van een tot 73 jaar.
Die 19 gevalle in Windhoek se ouderdomme wissel van 23 tot 61 jaar en is 14 vroue en vyf mans. Agt gevalle is kontakte van bevestigde gevalle, terwyl die res geen kontak of reisgeskiedenis het nie. Die gevalle is onder meer in Goreangab, Kleine Kuppe, Auas Blick, Wanaheda, Nama-nedersetting, Olympia, Ombili en Pionierspark aangeteken.
Die land se totale Covid-19-gevalle staan tans op 2 652, terwyl 31 172 weefselmonsters tot op hede getoets is. Namibië het 2 074 aktiewe gevalle en 1 730 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie