‘Cran, vat hande met Icasa ’
Sakelui in die inligtingstegnologiesektor meen Namibiërs betaal ’n prys omdat Cran glo onder meer lank neem om goedkeuringsertifikate vir die invoer van nuwe produkte uit te reik.
Elvira Hattingh - Invoerders van telekommunikasietoerusting beoog nou om ’n gesamentlike klagskrif teen die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) op te stel en by die ombudsman in te dien.
Die klagtes behels onder meer dat aansoeke vir die vereiste “tipe goedkeuring” vir sekere telekommunikasietoestelle glo te lank neem, dat besendings dikwels “onnodig en uit onkunde” deur doeanebeamptes op die grens geblokkeer word en dat die sertifisering verhoed dat nuwe tegnologie tydig of soms glad nie aan die Namibiese mark gebied kan word nie.
Dít volg nadat ’n wet ingestel is waarvolgens Cran van 1 November 2016 af eers “tipe goedkeuring” moet gee voor enige telekommunikasietoestelle plaaslik ingevoer kan word. Daar word byvoorbeeld eers getoets of die produkte van goeie gehalte en veilig is, of die korrekte frekwensies gebruik word en met internasionale standaarde strook, en of dit toepaslik vir plaaslike netwerke is voor ’n goedkeuringsertifikaat uitgereik word.
Cran het teen Vrydag nog nie Republikein se vrae beantwoord oor onder meer of wedersydse erkenningsooreenkomste met ander regulerende owerhede soos byvoorbeeld Suid-Afrika se Icasa opgestel gaan word nie.
OPONTHOUDE
Invoerders het intussen op voorwaarde van anonimiteit met Republikein gepraat weens die vrees dat hulle verder belemmer kan word as hulle openlik kla.
Invoerders kla hul besendings word dikwels op grense vertraag – soms omdat hulle nie weet waarvoor tipe goedkeuring alles vereis word nie en andersins weens doeanebeamptes se beweerde onkunde.
In een geval is glo geweier om ’n besending plastiekhouers die land te laat inkom omdat ’n doeanebeampte gemeen het tipe goedkeuring word benodig.
“Die houers is soortgelyk aan die plastiek- of metaalhouers waarin rekenaars kom sodat dit netjies lyk,” sê ’n plaaslike telekommunikasiebesigheid.
“Kliënte het ons voortdurend gebel om te hoor wanneer hulle hul produkte kan kry. Intussen moes ons koeriers heen en weer na die lughawe ry en moes ons die lugredery vir nog ses dae se stoorplek betaal. Ná baie moeite en bykomende onkoste van sowat N$3 000 is die produkte toegang tot die land verleen.”
Verder wag talle invoerders steeds op tipe goedkeuringsertifikate wat al glo so lank gelede as in Maart verlede jaar ingedien is.
“Teen die tyd wat ons dit ontvang, sal die toerusting die einde van hul leeftyd bereik het en sal ons weer vir ’n nuwe sertifikaat moet aansoek doen.”
Nog ’n invoerder sê alarmtoerusting wat hy ingevoer het, is ’n maand lank op die grens gehou. Hy erken hy het nie die nodige tipe goedkeuringsertifikaat gehad nie, maar sê dit is omdat dit nie duidelik was dat dit vir die spesifieke produkte vereis word nie.
’n Derde invoerder en bestuursvennoot van verskeie plaaslike inligtingstegnologiebesighede sê hy het nie ’n probleem met tipe goedkeuring self nie, maar wel daarmee dat dit te lank neem en dat die gepaardgaande reëls en kwessies vir hulle probleme veroorsaak.
ONKUNDE OF ONKONSEKWENTHEID?
“Daar bestaan ‘n gebrek aan kennis en opleiding onder Cran-amptenare en doeanebeamptes oor die uitvoering van die wet, buiten dat die wet self nie duidelik uiteensit wat en hoekom dinge só gedoen word nie.
“Byvoorbeeld, aan die begin is gesê die tipe goedkeuring is net van toepassing op stelsels wat koordlose (wireless) seine uitstuur – soos Bluetooth, infrarooi, mikrogolfradio’s en ultra- of baie hoë frekwensies (UHF/VHF).
“Nou word dit egter ook toegepas op kameras wat met ‘n kabel verbind word, elke netwerkskakel en basies enige ding wat ‘n netwerk verbindingspoort het.”
Hy sê ook die plaaslike wet voldoen nie aan ITU-standaarde nie en daar bestaan nog gapings. Die UTI is die Verenigde Nasies se gespesialiseerde agentskap vir inligting- en kommunikasietegnologieë.
“Dit beteken ons word teruggehou as dit kom by nuwe dienste en produkte wat ons wil bekend stel. Cran weet nie hoe om dit te hanteer nie en al antwoorde wat ons kry is ‘julle sal maar moet wag en sien, want ons beraadslaag nog hieroor’.”
’n Handelaar in radio’s sê hulle moet dikwels vier weke wag vir ’n frekwensie om aan hulle toegeken te word, waarna hulle eers vir tipe goedkeuring kan aansoek doen, wat ook lank neem.
“Ons besigheid staan stil, want ons wag vir Cran se goedkeurings.”
’n Ander invoerder sê hulle kan nie aansoek doen vir die vernuwing van lisensiëring van elektroniese kommunikasienetwerke nie, omdat Cran nie groepsertifikate kan uitreik vir die goedkeuring van al die toerusting wat daarin gebruik word nie.
“Ons kan dus nie ons dienste aan kliënte uitbrei nie – dit stop verkope, versmoor enige groei in die bedryf en bied nuwelinge geen oorlewingskans in die bedryf nie.”
VAT HANDE MET ICASA
“Dit is belaglik dat Cran nie Icasa se bevoegdheid kan aanvaar as dit by die goedkeuring van telekommunikasietoestelle kom nie en dit ook net ’n Cran-stempel kan gee nie,” meen sakemense uit die inligtingstegnologiebedryf.
“As hulle ’n redelike fooi daarvoor vra, dan moet dit so wees, maar dit behoort jou nie meer as 20 minute by ’n Cran-toonbank te neem nie. Dit sal al ons kwessies oplos en Cran sal sy inkomste en veto-krag oor die mark behou.
“Om ons te verbeel ’n klein mark soos Namibië kan internasionale maatskappye forseer om plaaslik vir tipe goedkeuring aansoek te doen, soos wat hulle in die geval van Icasa doen, dui op grootheidswaan aan Cran se kant.
“Intussen betaal Namibiese verbruikers die prys.
“Korttermyn- spesiale pryse vanaf Suid-Afrika kan nie meer gekoop word nie en sommige tegnologiehandelsmerke het plaaslik verdwyn. Toerusting wat voor dié wetgewing die land binnegekom het, kan nie na Suid-Afrika gestuur word vir herstelwerk nie. Toonaangwende tegnologie is by die deur uit – so ook die aanbod van eenmalige produkte.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie