Cran wil wetgewing aanpas
Cran wil wetgewing aanpas

Cran wil wetgewing aanpas

Volgens die land se kommunikasieowerheid moet die wet op 'tipe goedkeuring' verander word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) wil veranderinge aan die wet op “tipe goedkeuring” maak, sodat onder meer 'n lys opgestel kan word van toerusting wat van die proses vrygeskeld is.

Die wet moet ook verander word sodat goedkeuring per toestel eerder as per persoon gegee word.

In 'n kennisgewing in die Staatskoerant van 21 Desember nooi Cran belanghebbendes om insette oor die voorgestelde veranderinge aan die wet voor of op 25 Januarie te maak, waarna 'n verhoor op 30 Januarie om 14:30 in verband hiermee sal plaasvind.

Dit volg nadat 'n wet ingestel is waarvolgens Cran vanaf 1 November 2016 eers “tipe goedkeuring” moet gee voordat enige telekommunikasietoestelle plaaslik ingevoer kan word.

Daar word byvoorbeeld eers getoets of die produkte van goeie gehalte en veilig is, die korrekte frekwensies gebruik, met internasionale standaarde ooreenkom en toepaslik vir plaaslike netwerke is, voordat 'n goedkeuringsertifikaat uitgereik word.

Cran sê met die veranderinge beoog dit om die uitdagings uit die weg te ruim wat betref die toepassing van die wet op tweedehandse motors met kortafstandtoestelle.

Die doel is ook dat wanneer iemand reeds goedkeuring vir die invoer van 'n sekere toestel gekry het, enige een daardie spesifieke model en handelsnaam kan invoer.

Dit beteken sodra 'n spesifieke toestel op Cran se databasis van goedgekeurde toestelle is, hoef elke individuele invoerder nie van vooraf vir tipe goedkeuring aansoek te doen nie.

Dienooreenkomstig sal subregulasies een, twee en vier van regulasie tien geskrap word omdat 'n sertifikaat vir tipe goedkeuring nie langer die intellektuele eiendom van die aansoeker alleen is nie.

Boonop sal daar met behulp van die nuwe wetgewing 'n lys opgestel word van toestelle wat nie tipe goedkeuring hoef te kry voordat dit ingevoer word nie.

TARIEWE
Verder word die tariewe vir tipe goedkeuring aangepas volgens die die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se verbruikersindeks.

Hiervolgens sal dit byvoorbeeld N$1 150 kos om aansoek te doen vir 'n gemeenskapsradio-uitsender, aansoeke vir datatoerusting soos byvoorbeeld 'n modem sal N$518 kos en vir netwerktoerusting, wat byvoorbeeld insluit 'n mikrogolfsender, sal dit N$3 450 kos.

Sedert dié wet 'n rapsie meer as twee jaar in werking gestel is, het sakelui en invoerders van telekommunikasie herhaaldelik kapsie daarteen gemaak en geëis dat wedersydse erkenningsooreenkomste met ander regulerende owerhede soos byvoorbeeld Suid-Afrika se Icasa opgestel moet word.

Van hul klagtes was onder meer dat aansoeke vir die vereiste tipe goedkeuring vir sekere telekommunikasietoestelle glo te lank geneem het, besendings dikwels “onnodig en uit onkunde” deur doeanes op die grens teruggehou is, en die sertifikasie verhoed dat nuwe tegnologie tydig of soms glad nie aan die Namibiese mark bekend gestel kan word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!