‘Cyril, Thabo, kom help Bob in Zimbabwe!’
Huidige en gewese Afrika-leiers is gevra om Zimbabwe se oudpres. Robert Mugabe teen “teistering” deur die nuwe regime in dié land te beskerm.
Jonathan Moyo, Zimbabwe se voormalige minister van onderwys, se beroep op onder andere pres. Cyril Ramaphosa, oudpres. Thabo Mbeki en ander Afrika-leiers kom nadat Mugabe hom die woede van die regerende Zanu-PF-party op die hals gehaal het.
Hy het verlede week aan internasionale joernaliste gesê dat wat pres. Emmerson Mnangagwa gedoen het, is ’n skande vir Zimbabwe, die streek en Afrika, en moet ongedaan gemaak word.
Die Zanu-PF-party het daarna gedreig om Mugabe uit die land te verdryf en hom te ontneem van die voorregte wat hy as voormalige staatshoof geniet.
Bulawayo24.com berig dat Moyo veteraanpolitici in Afrika ná Mnangagwa se magsoorname gevra het om Mugabe te “red”.
Moyo het op sy Twitter-bladsy geskryf dat Mnangagwa Mugabe misbruik het.
Moyo was een van die G40-faksie wat Mugabe se vrou, Grace, ondersteun het om die presidentskap van haar man oor te neem.
Volgens die Zimbabwemail het Mugabe verlede week ook op die nuuskonferensie met internasionale joernaliste te kenne gegee dat hy weens ’n staatsgreep gedwing was om as president te bedank. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie