DA het vrae oor Chinese hulp
Francois Williams – Dit sal naïef wees om te glo China se hulppakket van R370 miljard aan Suid-Afrika sal sonder sekere voorwaardes kom, het die DA die naweek gewaarsku.
Die DA gaan parlementêre vrae aan die presidensie asook aan Nhlanhla Nene, minister van finansies, stel om die volledige besonderhede van die voorwaardes en bepalings van die Chinese hulppakket bekend te maak, het Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, Sondag in ’n verklaring gesê.
Dit volg op berigte dat pres. Cyril Ramaphosa finansiering van byna R370 miljard by China beding het om die regering met sy ekonomiese stimuluspakket te help.
Ramaphosa het vroeër belowe sy beoogde stimuluspakket sal neutraal wees vir die begroting, d.w.s. dit sal geen ekstra las op die begroting lê nie.
Mail & Guardian het Vrydag berig mense met binnekennis van die regering se werkinge het laat blyk Ramaphosa was nie verlede week beïndruk met voorstelle van die ministers in die ekonomiese groepering oor hoe om die ekonomie weer aan die groei te kry nie.
Suid-Afrika is in ’n tegniese resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste én tweede kwartaal vanjaar gekrimp het volgens syfers van Statistieke Suid-Afrika.
Ramaphosa het in Augustus aangekondig ’n stimuluspakket sal saamgestel word. Meer besonderhede daaroor sal na verwagting by die mediumtermynbegroting in Oktober bekend gemaak word, het die Mail & Guardian berig.
Die DA is egter bekommerd oor China se geskiedenis met ander Afrikalande en opkomende ekonomieë aan wie hy geld leen. het verwys na Sri Lanka wat nou glo sy Hambantota-hawe plus 6 070 hektaar grond aan China moet gee want hy kon nie die lenings terugbetaal wat China aan hom toegestaan het nie.
Onlangs is ook berig oor die Zambiese elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy (Zesco) wat glo aan China verkoop moet word omdat Zesco nie sy Chinese lening kan terugbetaal nie.
Ramaphosa het verlede week in die parlement belowe Suid-Afrika is soewerein en sal nie sy bates aan ’n ander land afstaan nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie