Dagboek vir die landbouer
Makietie vir droogtehulp
‘n Potjiekoskompetisie word op 7 Maart om 08:30 by Windhoek Gimnasium se sportvelde gehou ten bate van Droogtehulp Namibia. Geld sal gebruik word om boere wat deur die droogte finansieel platgeslaan is, se kinders se skoolgeld te betaal en kruideniersware te kopp.
Die aand is daar ‘n dans met die Klipwerf Boereorkes by Windhoek Gimnasium en die kaartjies kos N$300 per persoon, waarby ‘n ete ingesluit is. Kontak Henriëtte le Grange by 081 124 9670 of Johanna van den Heever by 081 716 8728 om te registreer vir die potjiekos. Kaartjies vir Klipwerf se optrede is aanlyn by Webtickets te koop en ook by enige Pick n Pay landswyd.
Maltahöhe BV se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou ‘n vergadering op 11 Maart om 10:00 op plaas Ababis van Kathrin en Uwe Schulze-Neuhof. Mnr. Ruben Portas sal vertel oor sy jagluiperdnavorsing en Dassies Plaasarbeidersopleiding maak ‘n voorlegging oor sy program. Kontak Kathrin by [email protected] of Ernst by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie