Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Skoutyd op Gobabis

Die Gobabis Skou vind vanaf môre tot Vrydag plaas met hope pret en vermaak vir die jongklomp, binne- en buite uitstallings, kleinvee- en beesvertonings, pluimvee en vele meer. Kontak vir Kathy by 081 168 8444 of Danie by 081 218 9800 vir meer inligting.



Bonsmara-inligtingsdag op plaas Ombanje

Hangala Foods bied op Saterdag 'n Bonsmara-inligtingsdag op die plaas Ombanje in die mieliedriehoek naby Tsumeb aan.

'n Bonsmara-bul geskenk deur Hangala Bonsmaras sal ook tydens die geleentheid aan die gemeenskap oorhandig word.

Praktiese opleiding in finansiële bestuur, dieregesondheid en kuddebestuur word aangebied.

Registrasie vind om 08:00 plaas en die toegang beloop N$50.

Kontak Ndina Naukushu by 081 155 5420, 061 410 700 of [email protected]



Swakara-bedryf hou jaarvergadering

Die Swakara-bedryfsforum hou sy jaarvergadering op 25 September om 08:00 by die Schützenhaus op Keetmanshoop. Om 18:00 vind die galadinee plaas waartydens die Goue Lam- en verskeie ander toekennigs gemaak sal word. Die koste vir die galadinee beloop N$150 per persoon en produsente moet by Jenny (061 237 750), Jaco (061 290 9301) of Diolene (063 223 321) plek bespreek.

Kongrestyd om die draai

Die LPO-kongres word vanjaar op 9 Oktober om 08:00 en die NLU-kongres op 11 Oktober by die Safari Hotel in Windhoek gehou. Die tema vir beide kongresse is: “Die vereiste en grondslag vir werkskepping en waardetoevoeging.”

Die amptelike opening van die NLU-kongres vind op 11 Oktober vanaf 08:00 – 10:30 as 'n ontbytgeselligheid ook by die Safari Hotel plaas en die openingspreker is die besturende direkteur van AgriBank, mnr. Sakaria Nghikembua.



Vooruitskouingskonferensie vir landbou

Die Landbou-vooruitskouingskonferensie wat sedert 2012 elke twee jaar deur die NLU aangebied word, vind weer hierdie jaar op 10 Oktober by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek plaas.

Die hoofdoel van die konferensie is om 'n geleentheid te skep vir die landbousektor in die land om gesamentlike kwessies te bespreek, asook om inligting aan produsente te verskaf van wat in die toekoms verwag kan word in terme van die ekonomie, pryse en markte.

Besprekings gaan fokus op idees wat groei in die landbousektor kan aanvuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!