Dagga maak niemand u201ccoolu201d nie
Dagga maak niemand u201ccoolu201d nie

Dagga maak niemand “cool” nie

Karin Eloff
Karin Eloff - Regtig. Waar kry jongmense en emosioneel onvolwasse grootmense die idee dat dagga, tik, cat en coke oulik is?

As jy dit vir medisinale doeleindes gebruik, en miskien nou en dan om die edge af te vat, verstaan ek, maar andersins nie. En ek praat nou spesifiek van die middelklas. Ek gaan nie maak of ek iets van die ­ander klasse weet nie. In Suid-­Afrika is daar sekere bedrywe wat op dwelms floreer – soos die advertensie-, ontwerp- en TV-bedryf, ek's nog nie seker van Namibië nie.

Maar wat de hel is fout met hulle? Die verskoning dat dit mens kreatief maak, is snert.

En ek praat uit ervaring.

Ek het myself mos ook al lekker aan dwelms vervark, en dit het toe nou nié van my 'n Wilbur Smith of 'n Breyten Breytenbach gemaak nie.

Jy hét dit of jy het dit nie.

So eenvoudig soos dit.

As jy nie die skerpste potlood in die pakkie is wanneer jy nugter is nie, gaan drugs jou beslis nie slimmer maak nie.

En om dagga te rook is ook geen bewys daarvan dat jy nie 'n koek is nie. Dit maak konserwatiewe mense beslis nie skielik oopkop nie – dit maak hulle net gerook. Ek ken dagga­koppe wat steeds vir buite-die-boks denke skrik.

Laterale denke vereis 'n nugter verstand. Daai lyn coke gaan jou nie mooier laat teken, sing, dans of skryf nie. En dit gaan jou ook nie skielik 'n skerp sin vir humor gee nie.

Boonop is 'n gedisoriënteerde skaapkop met rooi oë nie juis hot nie.

So, hoekom doen die middelklas drugs? Hoekom doen tieners drugs?

Eerstens, want hulle kan. Redes is soms oorbodig.

Tweedens, want dis lekker.

Maar dis nie lekkerder as seks of 'n pizza of 'n goeie boek nie. En die pay back is erg en aaklig - baie erger as enige babelas. En om nugter te wees, voel ook goed. As jy eers die flipside van drugs ervaar het – paranoia, angs, psigose, werkloosheid, seksloosheid, impotensie en niemand wil meer saam met jou bly of in die openbaar gesien word nie – dan is daai kortstondige energie, ontspanning of ontsnapping wat dit jou gee eenvoudig nie die moeite werd nie.

Derdens, want hulle dink dit klink en lyk cool. Maar wat is cool aan rooi oë en 'n skaapagtige uitdrukking op jou gesig? Of 'n hartaanval op die sypaadjie omdat jy 'n lyn te veel gesnuif het?

Vierdens, want hulle wil ontsnap. Niks fout daarmee nie. Maar as jy wil ontsnap, hoekom kyk jy nie net Game of Thrones of luister Paganini, Imagine Dragons of Taylor Swift nie? Of dan nou Bles Bridges as jy regtig moet nie? CD's en DVD's hou langer as drugs. En die risiko dat jy gaan vergeet om jou kind by die skool op te laai, jou huwelik gaan opneuk, jou werk verloor of jou kar gaan crash, is net soveel minder.

As jy issues het, jou ouers is besig om te skei, jou ma verstaan jou nie, of jou pa is te streng, gaan drugs nie daai issues wegvat nie.

Kies liewer om nie 'n slagoffer te wees nie. Ek weet dis moeilik, maar dis moontlik. Party mense weet nie wie hulle is as hulle nie 'n slagoffer kan wees nie. Daai aandag wat jy kry omdat jy kies om 'n slagoffer te wees, is nie liefde nie. Dis net bejammering.

Regtig maats. Dis 'n no brainer.

Dwelms is duur, dit maak jou siek, lelik, baie unsexy en jy doen goed wat net jy dink cute is.

Niemand anders dink jy's oulik, diep, arty, snaaks of oopkop nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!