Dankie vir die hulp - en die lesse
SALOMÉ SCHOEMAN SKRYF:
Ek wil net almal bedank wat Sondag, 12 September 2021, vir my dogter, Kayla gehelp het nadat haar motor gerol het 60 km suid van Grunau op pad terug Stellenbosch Universiteit toe. Dit gaan goed met Kayla, sy het genadiglik geen ernstige beserings nie en sterk tuis aan.
Eerstens, die vragmotorbestuurder wat eerste op die toneel gestop het en vir haar water aangebied het om die bloed van haar gesig af te was.
Terwyl die volgende voertuie wat gestop het se mense haar gehelp was het, het hy en sy twee passasiers (wat volgens hulle maatskappybeleid nie saam in die vragmotor mag gewees het nie) Kayla se splinternuwe iPhone en al haar kontant, tot die muntstukke, gesteel. Ons het dit by sy maatskappy aangemeld, maar natuurlik ontken hy dit en selfs dat hy passasiers by hom gehad het - al was daar verskeie ooggetuies.
Vir hom en sy maatskappy wil ons bedank, want hulle het ons kind geleer dat mens altyd waaksaam moet wees.
Tweedens, vir Peter Carelson en sy suster Linda, wat onrraad vermoed het toe hulle die vragmotorbestuur en sy makkers gewaar het by ons kind en gestop het om seker te maak sy is ok. Hulle het haar help skoonmaak, met my oor die foon gepraat, my gerusgestel oor haar beserings en by haar gebly tot nog hulp opgedaag het.
Selfs al het dit beteken dat Linda nie die volgende dag betyds vir werk in Windhoek kon wees nie. Vir hulle wil ons bedank, want hulle het ons kind geleer dat daar wel nog goeie mense in die lewe is.
Derdens, vir Marais van der Merwe van Noordoewer Gastehuis waar Kayla die aand sou oorslaap. Toe ek hom bel om te vertel van die ongeluk, het hy onmiddellik gevra of hy haar moet gaan haal. Nie net het hy haar gaan haal nie, hy het al haar goed (baie!) opgelaai en haar Keetmans toe gevat waar haar pa haar weer gekry het. Al moes hy die volgende dag weer Keetmans toe ry vir besigheid, het hy geen oomblik gehuiwer om hulp aan te bied nie.
Vir hom wil ons bedank, want hy het ons kind geleer dat daar mense is wat letterlik die ekstra myl vir ander sal loop (of dan nou ry).
Vierdens, vir Tiny en Wilmarie van der Mewer van Namgate wat tydens hulle Sondagmiddaguitstappie by die toneel verbygery het en gestop het om te help. Nie net het Tiny vir Marais gehelp om al haar goed op te laai nie, hy het ook die wrak verder opgepas tot die insleepdiens gekom het. Eers toe hulle terug is op hulle plaas, het hulle die SOS-boodskap van Marzanne gekry dat haar sussie hulp nodig het. Hulle het gehelp sonder om gevra te word en sonder dat hulle geweet het wie hulle gehelp het.
Vir hulle wil ons bedank, want hulle het ons kind geleer om te help waar hulp nodig is.
Verder vir Danie Erasmus van Rassie’s Tow In wat selfs die polisie gekontak het (ons het vergeet in die warboel), Adel van Rooyen van Welwitschia, al was sy eintlik met verlof, dr. De Villiers wat bereid was om haar te kom sien (gelukkig toe nie nodig gewees nie), Cecile van Noordoewer Gastehuis wat alles moes reël en elke iedere een wat ek nie nou op die naam genoem het nie.
Vir julle almal wil ons bedank, want julle het ons kind geleer dat die meeste mense in Namibië goed is en sal help in nood.
Baie dankie, mag al julle dade veelvoudig aan julle terug beloon word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie