Dapper Xander sterf
Henriette Lamprecht – Die vierjarige Xander Savage van Rehoboth, wat ’n dapper stryd teen ’n ernstige bloedsiekte gevoer het, is Donderdag op die dorp oorlede.
Xander moes elke week ’n plasma-oortapping en elke drie weke ’n bloedoortapping kry, nadat hy met ernstige idiopatiese aplastiese anemie gediagnoseer is. Laasgenoemde is ’n sindroom wat beteken sy beenmurg vervaardig nie gesonde bloedselle voldoende nie. Dit het beteken Xander was voortdurend aan die risiko van bloedarmoede, ernstige infeksies sowel as onbeheerste bloeding blootgestel.
Volgens Xander se pa, Edwin, het sy seuntjie se niere ingegee en was “die pyn net te sterk”.
“Hy het heelaand gelê en huil en kreun.” Xander is Donderdag in die St. Mary’s Hospitaal op Rehoboth oorlede.
Volgens Edwin wil die gesin Xander graag Saterdag op die dorp begrawe, maar benodig die familie nog die nodige fondse om dit te doen. As enige persoon ’n finansiële bydrae hiertoe kan maak, kan hulle vir Edwin by 081 763 2152 skakel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie