De Vos en Grobler se strokies herdruk
Die veelbekroonde Philip de Vos en Piet Grobler se stuitige strokies vir volwassenes wat in die 1990’s op De Kat se agterblad verskyn het en in 1999 ook in boekvorm uitgegee is, is danksy Protea Boekhuis weer in druk, boonop in hardeband.
Kat se blad: Stuitige strokies bevat 38 strokiesverhale, verdeel in die afdelings “Speulse sprokies”, “Speelse sprokies”, “Plaaslike plesiertjies”, “Puur kultuur”, “Bybels en Babels” en “Gruwelike grotes”. Almal van Gouelokkies (wat uiteindelik in Girls’ Town eindig) tot Die Goortrekkers, Brolloks en Bittergal, Anna Karoonina, Toulouse Laurec en vyf Bybelverhale maak hier hul buiging, maar in ’n veel skerpsinniger, skreeusnaakse gedaante.
Leer Afrikaanse idiome met humor
Die grafiese ontwerper Kobus Galloway van Idees vol vrees-faam woeker al jare met Afrikaans se welbedeelde idiomeskat en maak weer so in Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome wat pas by Zebra Press verskyn het.
Die boek bevat altesame 150 idiomatiese uitdrukkings met ’n humoristiese volkleur-illustrasie en kort betekenisverklaring wat jong taalgebruikers sal help om die idiome vas te lê, terwyl (party) volwasse lesers hulle sal verkneukel in die manier waarop woord en beeld teenoor mekaar afgespeel word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie