Deel 1: Ons land gaan ten gronde
JA ROSSOUW, OKAHANDJA SKRYF:
Dit het die laaste tyd mode geword om 'n persoonlike brief aan ons president te rig om by hom te kla oor een of ander klippie in jou skoen. Die arme man het genoeg om hom slapelose nagte te gee, daarom skryf ek aan die Republikein, sodat ons almal saam kan praat. Nie dat dit veel sal help nie, want die mense betrokke kan nie lees nie, of erger: hulle is so arrogant dat hulle dink dit maak nie saak dat jy hulle aanvat nie.
Ek is 'n pensioenaris en het vanoggend my posbus se sleutels gaan teruggee ná twintig jaar. Ek voel net, om 'n posbus te hê is 'n vermorsing van geld en tyd, daar is beter, vinniger en betroubaarder maniere om te kommunikeer.
Ek is 'n oudstaatsamptenaar van Suid-Afrika, maar is 'n leeftyd in hierdie land en ná onafhanklikwording, het ek 'n Namibiese burger geword. My pensioene kom egter van die GEPF in Pretoria.
Jaarliks, aan die begin van April stuur hulle my oorspronklike lewensertifikaat per gewone pos, noem dit slakkepos, as jy wil. Ek moet dit voltooi, die nodige dokumente daarby aanheg en weer aan hulle terugstuur.
Om te voorkom dat my pensioene opgeskort word, worstel ek byna twintig jaar met twee, skynbaar onoplosbare probleme. Ek kan die GEFF nie oortuig om die oorspronklike lewensertifikaat aan my te e-pos nie. Tweedens is daar net een betroubare manier om die voltooide dokumente terug by die GEPF in Pretoria te kry, en dis is om dit te kourier.
Vanjaar is die oorspronklike lewensertifikaat reeds op 4 April aan my gestuur. Dit het my nog steeds na 179 dae nie bereik nie.
Ek het reeds in Julie 'n duplikaat lewensertifikaat per e-pos aangevra, dit ontvang, voltooi en omdat ek nie erkenning vir die ontvangs daarvan gekry het nie, dit gekourier. Dit het my 'n hele N$359 gekos.
Ek weet dis 'n kwessie van Adam, Eva en die slang, Nampost sal GPO die skuld daarvoor gee en andersom.
Ek kan bewyse voorlê van wie skuldig is, maar my vraag is, waarom moet ek ten duurste betaal vir dienste wat eenvoudig nie gelewer word nie?
Dit gaan nie hier oor myself nie, dit gaan hier oor die ekonomie van ons land wat ten gronde gaan as gevolg van 'n gebrek aan dienslewering. Die afgelope tien jaar het net twee van die lewensertifikate wat GEPF aan my gepos is, my bereik. In 2018 het dit na 'n rekord van 210 dae uiteindelik in my posbus beland. Ek hou my nie besig met propaganda of valse beskuldigings nie, ek het al die nodige dokumente om te bewys wat ek sê.
Kom ons praat saam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie