Derbies vir elke smaak die naweek
Elke klub se eer staan teen sy aartsvyand op die spel.
Tielman van Lill - In die eerste van die Namibië Rugby-unie se vier tradisionele premierliga derbies dié naweek, pak Trustco United sy aartsvyand FNB Wanderers vanaand by Gemsbokpark in Olympia.
In die ander derbies draf FNB Unam en FNB Western Suburbs by Unam-stadion op, terwyl Kudus en Walvisbaai mekaar in Narraville sal aandurf.
Op Rehoboth gaan Rehoboth Rugbyklub sy bes doen om Reho Falcon in die laaste posisie op die punteleer te hou.
Dit sal die Filistyne en Wit Hingste se tweede derby vir 2017 wees. Met die eerste botsing in Pionierspark kon United nie veel uitrig nie (34-13) en hulle sal die bordjies vanaand graag wil verhang.
United sukkel vanjaar om tot sy volle potensiaal te speel en is tans in die vyfde posisie (18 punte) nadat hy Rehoboth Rugbyklub twee weke gelede met 66-19 oorskadu het.
Wanderers is oorwegend goed op peil, maar moes opnuut verskeie plekke vul van spelers wat onder meer vir die Welwitschias opgeroep is. Die Hingste het in hul laaste botsing teen Kudus in Pionierspark nie oortuig nie, maar het uiteindelik met 25-14 te wen om tans met 29 punte in die tweede plek te verkeer.
Jood Opperman, gesoute hoofafrigter van United, is 'n man met baie planne en glo dat sy span vanaand goeie rekenskap van hulself teen Wanderers kan gee en vir 'n moontlike opskudding kan sorg.
Volgens die gewese Namibiese stut het hulle hard aan sekere aspekte gewerk en 'n versterking uit Rehoboth het hom by hulle aangesluit wat vir ekstra oemf in die oond kan sorg.
“Ons het die voorryman Jason Benade van Reho Falcon ingevoer wat ons probleem in dié posisie kan help oplos en om Collen Smit te vervang (wat vir die provinsiale kompetisie opgeroep is). Ons werk baie hard om terug te kom aan die voorpunt van die punteleer waar ons hoort. Daar is vandeesweek hard aan elke speler se swak en sterk punte gewerk om te verhoed dat hulle onder druk sal vou,” het Opperman vertel.
“Daar is geen manier dat ons vir Wanderers onderskat nie, maar as ons die basiese dinge reg doen, behoort die aand nie moeilik te verloop nie. Wanderers is swaar voor en ons verwag 'n definitiewe aanslag, ook met hul goeie senters wat baie spasie vir hul vleuels kan skep. Die wenresep is eenvoudig, die span wat sy balbesit die beste beskerm en die minste foute maak, sal die wedstryd wen,”het die breier laat weet.
Suburbs teen Unam
Die voorloper en kampioen Unam, wat in sy laaste botsing op 13 Mei vir Walvisbaai met 68-24 verniel het om met ses bonuspunte sy totaal tot 36 punte te vergroot, kan 'n veel sterker aanslag van Suburbs verwag
Suburbs het sy laaste wedstryd teen Reho Falcon in Khomasdal met 41-15 oorheers om nou derde met 26 ligapunte te lê. Min faktore wys dalk in die groen truie se guns, maar dis ook hoe hulle dit verkies.
Met beide klubs 'n vrugbare teelaarde vir nasionale spelers wie se plekke gevul moet word, het Unam se afrigter Johan Diergaardt klaarblyklik die stut Hauta Veii omgepraat om weer sy stewels vir die derbystryd aan te trek.
Veii het einde laasjaar sy uittrede aangekondig.
Kudus teen Walvisbaai
Kudus, wat vierde op die punteleer met 19 punte is, het wel sy laaste botsing teen Wanderers verloor, maar het nogtans beïndruk deur die Hingste tot drie vyfpunters teenoor sy eie twee te beperk.
Indien Kudus sy foute beperk, kan hy met 'n oorwinning sy opmars aansienlik versterk as hy Walvisbaai (sesde, 16 ligapunte) tot oorgawe kan dwing. Dié is 'n meedoënlose stryd waar geen genade gevra of gegee word nie.
Falcon teen Rehoboth
In die botsing wat sekerlik groot belangstelling suid van die hoofstad gaande maak, draf twee plaaslike spanne met 'n ewe groot ondersteuningsbasis op die veld. Falcon sal môre in Rehoboth sy onderste posisie (drie punte) wil verbeter deur Rehoboth te klop.
Dit is eweneens 'n behoorlike neutkraker wanneer dié twee klubs mekaar aandurf. Beide spanne het baie om te bewys, maar die Rooi Bulle se sewende posisie (12 punte) behoort vir ekstra motivering te sorg.
Die spanne wat gister teen druktyd ontvang is:
Trustco United: 1 Simon Kanime, 2 Niël van Vuuren, 3 Jason Benade, 4 Winmar Rust (kapt), 5 Jandré Lamprecht, 6 Panduleni Ilonga, 7 Zayne Groenewaldt, 8 Naudé Neethling, 9 Moranzel Strauss, 10 Ascher Coetzee, 11 Elmo van der Byl, 12 Mbimbo Mbai, 13 Handré Bezuidenhout, 14 Stefan Louw, 15 Morné Blaauw.
Reserwes: Almiro Uys, Clinton de Klerk, Jasper de Klerk, Jaco Bonthuys, Heinie Kapolo, Nandivatu Karuuombe, Donovan van Wyk.
FNB Wanderers: 1 Nian Berg, 2 Giel Boshoff, 3 Nelius Theron, 4 Kevin Vorster (kapt), 5 Nico Esterhuyse, 6 Johan Meyer, 7 Dirk de Meyer, 8 PG Louw, 9 Enem Kritzinger, 10 Mahco Prinsloo, 11 Henning Snyman, 12 Ethan Beukes, 13 Janry du Toit, 14 Malcolm Moore, 15 Keanen Titus. Reserwes: JC du Plessis, Quintin Esterhuizen, Willem van Zyl, André van Schalkwyk, Edwardo Nell, Dion Venter, André Nel.
FNB Unam: 15 Lorenzo Louis, 14 Chess Lawrence, 13 Milaan van Wyk, 12 Camlo Martin, 11 Silvano Beukes, 10 Helarius Kisting, 9 Cameron Klassen, 8 Bradley Klazen (kapt), 7 Barry Gande, 6 Rheinhardt Carelse, 5 Kami Mieze, 4 Thomas Kali, 3 Tjino Tjirare, 2 Bigman Kaura, 1 Hauta Veii. Reserwes: Frank Mowa, Walter Hendricks, Freddy Puriza, Sunday Haitembu, Romanzo Lento, Denver Murorua.
Vandag om 18:30 draf United II teen Wanderers II by Gemsbokpark op die veld waarna die hoofwedstryd om 20:00 afskop.
Môre se premierligawedstryde begin almal om 15:15 en word voorafgegaan deur die tweede spanne om 13:30.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie