Deysel begin in Haaie se 12-trui
Vir Suid-Afrika se spanne is dit opnuut 'n deurslaggewende naweek.
Die Namibiese binnesenter Johan Deysel kry môre in Singapoer 'n kans om te wys wat hy op Superrugby-vlak kan vermag.
Deysel is as die Haaie se binnesenter vir die span se Superrugby-stryd teen die Sunwolves gekies.
Hoewel die gewese Wêreldbeker-speler reeds in onlangse naweke met twee verskynings van die reserwebank af sy buiging in Superrugby gemaak het, is hy môre vir die eerste keer in die beginspan.
Die Haaie se afrigter, Robert du Preez, het nege veranderinge, waarvan een 'n posisionele skuif, aangebring aan sy beginspan wat met 32-35 teen die Southern Kings verloor het.
Haaie: Lwazi Mvovo, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, Johan Deysel, Sbu Nkosi, Garth April, Cobus Reinach, Daniel du Preez, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt (k), Stephan Lewies, Ruan Botha, Lourens Adriaanse, Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit. Reserwes: Franco Marais, Beast Mtawarira, John-Hubert Meyer, Etienne Oosthuizen, Tera Mtembu, Rowan Gouws, Benhard Janse van Rensburg, S'bura Sithole.
Aranos in Cheetahs-agttal
Die Cheetahs-breier, Franco Smith, het die snoeiskêr behoorlik ingelê vir môre se wedstryd teen die Hurricanes in Wellington.
Die Springbok-flank Oupa Mohoje en Carl Wegner is die enigste spelers wat oorgebly het in die agttal wat verlede week teen die Blues pak gekry het.
Twee Namibiërs is soos gebruiklik betrokke. Torsten van Jaarsveld (haker) sal van die bank af sy verskyning maak, terwyl die stut Aranos Coetzee in die beginspan ingesluit is.
“Dit gaan oor die teenstanders en die span word daarvolgens aangepas,” het die afrigter, Franco Smith, dié skuiwe verduidelik.
“Dit gaan 'n fisieke stryd wees en dit is belangrik dat sekere spelers in die beginspan is.
“Dit is belangrik dat Ox Nche begin, dit is belangrik dat ons fisieke slotte op die veld moet hê en dit is belangrik dat 'n speler soos Uzair Cassiem sy vertroue terugkry.”
Cheetahs: Clayton Blommetjies, Sergeal Petersen, Francois Venter (k), Clinton Swart, Raymond Rhule, Fred Zeilinga, Shaun Venter, Henco Venter, Oupa Mohoje, Uzair Cassiem, Carl Wegner, Armandt Koster, Johan Coetzee, Elandré Huggett, Ox Nche. Reserwes: Torsten van Jaarsveld, Charles Marais, Tom Botha, Francois Uys, Niell Jordaan, Tian Meyer, Niel Marais, Ruan van Rensburg.
Chrysander begin vir Kings
Die Namibiër Chrysander Botha kry nog 'n kans op heelagter vir die Southern Kings nadat hy vroeg in die seisoen ná net een verskyning in die beginspan gepos is.
Hy het sedertdien kans gekry om sy spelpeil in die OP-Kings se span in die SuperSport-uitdaagreeks te herwin.
Die Southern Kings teen die Brumbies: Chrysander Botha, Alshaun Bock, Berton Klaasen, Luzuko Vulindlu, Makazole Mapimpi, Lionel Cronjé, Louis Schreuder, Andisa Ntsila, Tyler Paul, Stefan Willemse, Giant Mtyanda, Irné Herbst, Ross Geldenhuys, Martin Bezuidenhout, Schalk van der Merwe. Reserwes: Kurt Haupt, Chris Heiberg, Dayan van der Westhuizen, Mzwanele Zito, Thembelani Bholi, Johan Steyn, Pieter-Steyn de Wet, Stokkies Hanekom.
Voorry-ysters stook Leeu-vuur
Die Leeus het hul voorslag-voorry nader gehark vir môre se Superstryd op Ellispark teen die Bulle.
Die insluiting van Jacques van Rooyen, Malcolm Marx en Ruan Dreyer ten koste van Corné Fourie, Robbie Coetzee en Johannes Jonker is die enigste veranderinge aan die span wat verlede week teen die Brumbies in Canberra begin het.
Die Leeus-span: Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe. Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (k), Ruan Ackermann, Kwagga Smith, Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Reserwes: Akker van der Merwe, Corné Fourie, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Cyle Brink, Faf de Klerk, Jacques Nel, Anthony Volmink.
Maxwane saam op Leeu-jag
Die Bulle se afrigter, Nollis Marais, het die Tuks-vleuel Sibahle Maxwane in sy beginspan ingesluit vir môre se Superrugby-derby teen die Leeus in Johannesburg.
Maxwane (21 jaar oud) is een van vier veranderinge in die Pretorianers se agterlyn en vervang die beseerde Jamba Ulengo.
Jesse Kriel draf op heelagter uit in die plek van Warrick Gelant en Jan Serfontein speel in Kriel se plek op senter.
Francois Brummer neem die nr. 10-trui by Tian Schoeman oor.
Voorlangs is daar net een verandering, met Lood de Jager wat in die geskorste RG Snyman se plek op slot uitdraf.
Bulle: Jesse Kriel, Jade Stighling, Jan Serfontein, Burger Odendaal, Sibahle Maxwane, Francois Brummer, Rudy Paige, Hanro Liebenberg (kaptein), Jannes Kirsten, Ruan Steenkamp, Lood de Jager, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. Reserwes: Edgar Marutlulle, Pierre Schoeman, Coenraad van Vuuren, Abongile Nonkontwana, Nic de Jager, Ivan van Zyl, Tony Jantjies, Warrick Gelant.
Leyds word generaal
Dillyn Leyds se skuif losskakel toe beteken dat Seabelo Senatla onmiddellik na die Stormers se beginspan terugkeer as linkervleuel nadat hy van 'n besering herstel het.
“Seabelo was baie goed in ons wedstryd teen die Sunwolves. Hy gee die agterlyn 'n inspuiting van vaart en bring iets anders. Ek sien uit na wat hy vir ons kan bied,” sê die afrigter, Robbie Fleck.
Die Stormers-span: SP Marais, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Shaun Treeby, Seabelo Senatla, Dillyn Leyds, Dewaldt Duvenage, Nizaam Carr, Siya Kolisi (k), Kobus van Dyk, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Oli Kebble. Reserwes: Ramone Samuels, Ali Vermaak, Wilco Louw, Jan de Klerk, Sikhumbuzo Notshe, Jano Vermaak, Brandon Thomson, Damian de Allende.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie