Dié bro’s is beslis boffins
Tiener-tegnici blink uit op Otjiwarongo
Yochanaan Coetzee - Estian Holkampf en J.W. Coetzee is van kleintyd af beste vriende.
Hul ouers is soms maar redelik bekommerd wanneer die twee op hul eie begin speel.
Dit omdat die kans groot is dat wanneer hul ouers by die huis kom, hulle ’n nuwe ontwerp sal vind – tesame met ’n groot hoop elektroniese oorblyfsels waaruit die twee jong ingenieurs onderdele geoes het.
“Van sosatiestokkies tot toiletpapierrolle en selfs hul gunsteling- afstandbeheerde-speelgoed is nie veilig nie,” sê hul ontwerp- en tegnologieonderwyser, me. Loraine Kotze, van die Privaatskool Edugate op Otjiwarongo. “Al is hulle projek so te sê voltooi, sal hulle dit nog steeds huis toe neem en daarop verbeter.”
Die twee graad 6-leerlinge sê hulle het nog altyd daarvan gehou om met hul hande te werk, maar toe hulle met ontwerp- en tegnologieklasse begin en meer oor elektriese en meganiese beginsels geleer het, is hulle meer bewus gemaak van die moontlike toepassings in die alledaagse lewe.
“Elke oomblik wat ons saam is, is ons besig om iets te bou of besig met beplanning vir nuwe ontwerpe, oplossings of verbeterings vir die verskeie goed wat ons al klaar gebou het,” sê Estian. “Ons hou onsself ook graag besig met speletjies soos MineCraft of ScrapMechanic.”
Hul nuutste produk is ’n elektroniese bordspel en dit is net een van hul hordes ontwerpe waarvan een so suksesvol was dat dit weggevlieg het.
“Ons het al werkende bootjies en karre gebou, maar die opwindendste was ’n vliegtuig wat ons uit polistireenskuim gemaak het,” sê J.W.
“Ons het met ’n skaalmodel begin en die balans en gewig getoets. Ná ’n week het ons ’n groot een gebou en aan ’n ou afstandbeheerde helikopter se ontvanger gekoppel met twee sterker, klein motortjies.
“Maar dit was ’n bietjie te suksesvol omdat dit so goed gevlieg het dat ons die sein verloor het en dit het toe weggevlieg,” sê hy, terwyl hulle oor die voorval lag.
Die twee seuns droom om eendag elektroniese en meganiese ingenieurswese te studeer en saam ontwerpe te ontwikkel wat die wêreld sal verbeter.
“Alhoewel ons oor die algemeen ingenieurswese wil doen, wil ons graag in die velde van volhoubare energie, vervoer ensovoorts fokus omdat dit ’n groot rol speel in ’n volhoubare toekoms vir ons wêreld,” sê Estian. Hy voeg by dat hoewel hy soms sukkel om sy aandag lank by iets te bepaal, dit hom eintlik help om vinniger oplossings te vind.
“Die twee jongelinge maak ons baie trots en hulle help mekaar om uit te blink, want waar een ’n bietjie meer metodies en analities is, is die ander ’n bietjie meer innoverend ingestel,” sê Kotze.
“Ons wens daar was meer ontwerp- en tegnologiekompetisies en byeenkomste waaraan ons kinders kan deelneem, blootstelling kry en meer geïnspireer kan word. Daar is soveel belangstelling in die vak, veral ook onder meisies. Ons moet meer doen om ons kinders se kreatiwiteit in ontwerp en tegnologie te kweek,” sê sy.
Met die tiener-tegnici sterk op pad om hul droom te bereik, is dit opwindend om te dink aan al die moontlikhede wat vir hulle voorlê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie