Dié immigrante is diere, sê Trump
Daar is immigrante wat nie mense is nie, maar diere, het pres. Donald Trump Woensdag gesê.
Sy opmerkings is gemaak in 'n gesprek oor die grensmuur wat hy tussen Mexiko en die VSA wil oprig, berig Daily Maverick.
“Ons het mense wat in die land inkom of probeer inkom. Ons neem mense uit die land uit. Julle sal nie glo hoe sleg hierdie mense is nie, hulle is nie mense nie, hulle is diere, en ons vat hulle uit die land uit,” het hy gesê aan Republikeine van Kalifornië wat die Withuis besoek het.
Die gesprek het gegaan oor migrasie en wetstoepassing, sogenaamde “heiligdom-stede” vir immigrante en die MS-13-bende, berig die BBC.
Die BBC berig Trump se uitlating was in reaksie op 'n stelling wat 'n Kaliforniese sheriff oor die MS-13-bende gemaak het.
Die bende is in die 80's deur immigrante van Sentraal-Amerika begin.
Trump het voorheen al lede van MS-13 as “boos” en “moordenaars” beskryf.
Volgens Daily Maverick skeer Trump dikwels die bende in die algemeen en immigrante oor dieselfde kam.
Die Demokrate het vinnig sy jongste uitlating veroordeel.
“Immigrante is mense. Nie diere nie, nie misdadigers nie, nie dwelmhandelaars nie, nie verkragters nie. Hulle is mense,” het Jared Polis, 'n kongreslid van Colorado gesê.
Jerry Brown, goewerneur van Kalifornië, het gesê: “Trump lieg oor immigrante, lieg oor misdaad en lieg oor die wette van Kalifornië.
“Om 'n paar Republikeinse politici in te vlieg om hom te vlei en sy roekelose beleid te loof verander niks. Ons, die burgers een van die vyf grootste ekonomieë in die wêreld, is nie beïndruk nie,” sê hy.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie