Die beste van ’n saak maak
Ons het DStv by die huis, maar net die middle of the range-pakket tot my een seun se misnoeë. Hy wil baie graag kanaal 105 kyk, maar om omtrent N$400 per maand meer vir die top of the range-pakket te betaal, is volgens my nie die moeite werd nie.
Veral nie vir ’n paar ekstra kanale nie. Oukei, oukei, as ek eerlik met myself is, sal dit lekker wees om partykeer rugby en krieket te kan kyk of die Discovery-kanaal of M-Net! Ek sien my gunstelingprogram, Chicago PD, het weer op M-Net begin.
Dit beteken ek gaan nog ’n paar maande moet wag voordat hulle dit op een of ander kanaal gaan wys waarvoor ons ingeteken is. Maar ek word gedwing om na die groter prentjie te kyk.
Vir my is dit ’n besparing van omtrent N$4 800 (rofweg geskat) per jaar en die moeite werd. Ons is net dankbaar dat ons in die posisie is om enigsins so iets te kan bekostig. Ons maak die beste van die kanale wat ons wél kan kyk. Ons het ’n paar gunstelinge.
Die TV is gewoonlik op kykNET, een of ander kinderkanaal of Nat Geo Wild of Discovery Investigation. Julle kan seker raai watter kanale kyk ek en watter kyk die kinders!
kykNET het ’n paar goeie programme, maar my gunsteling op die oomblik is Discovery Investigation. Dit is asof mens nie genoeg kan kry van die gory details nie.
Om te kyk hoe party mense amper met moord wegkom. Hoe gaan jy aan met jou lewe sonder om enigsins berou te hê nadat jy moord gepleeg het?
Partykeer loop moordenaars dekades rond voordat hulle vasgetrek word. Dan besef jy daar is rêrig wrede en gewelddadige mense in die wêreld.
Hierdie programme is wel oor misdade wat in Amerika gepleeg is, maar as jy op Netwerk24 lees, dan besef jy dat nie net Amerika bose mense het nie. Suid-Afrika is nie ver agter met moorde nie.
Wat van die De Salze-moorde, die afspraakmoorde, die Panayiotou-moord en die wynlandgoedmoord. . ?
Dit laat ’n mens weer anders na die lewe kyk. Hoe kom ’n mens op daardie punt dat moord jou enigste uitweg is? Ek het een keer ’n program gekyk waar ’n sielkundige gesê het daar is ’n fyn lyn tussen die besluit om ’n moord te pleeg of nie.
Hy het gesê almal kan moord pleeg, dis net ’n besluit wat jy moet neem. Die moral of the story is dat jy tevrede moet wees met wat jy het en nie altyd ander mense die skuld gee vir jou foute nie. En dat alles nie altyd so sleg is soos wat jy dink dit is nie.
Ek probeer my kinders leer dat aardse goed nie van jou ’n beter mens maak nie en dat jy verantwoordelikheid vir jou eie dade moet neem. Ek hoop hulle neem dit ter harte en as hulle eendag by ’n keerpunt kom, hulle die regte besluit sal neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie