Die bontbees het 'n toekoms in die Suide
Ondanks die afstande wat gery moes word, het boere van die Suide op 11 Augustus die geleentheid benut om inligting in te win oor waarom met Nguni’s geboer moet word.
Die leersame en gesellige dag is met die ondersteuning van Agra ProVision by die Goibib Mountain Lodge aangebied waar André Lotter ses jaar reeds suksesvol met Nguni-beeste boer.
Hy het vertel hoe sy weiding met die Nguni verbeter het nadat jare lank slegs met skape op die plaas geboer is. Sy kudde is besig om uit te brei en hy het reeds bulle aan boere in die Suide verkoop. Hy was verbaas oor die onlangse 53,9% wat sy bulle uitgeslag het. Dit vergelyk goed met ander rasse.
Verder is die probleem dat abattoirs en voerkrale nie inheemse diere wil hê nie, ook in die gesprekke deurgetrap. Daar is besluit bemarking moet verbeter sodat die ras erkenning in die vleisbeesproduksieketting kry en die verbruiker uiteindelik die goeie gehalte Nguni-vleis op sy/haar bord kan hê.
Bertus Kruger, ? weidingkundige van formaat, se aanbieding het gehandel oor die doeltreffende omskakeling van gras na kilogramme beesvleis. Hy het verduidelik hoe die hoeveelheid kilogram beesvleis wat uiteindelik per hektaar op die veld geproduseer word, ter wille van groter wins verbeter kan word.
Die veekundige dr. André Mentz het in sy aanbieding oor produksiemeting in beesboerdery gesels en die bewaring en verbetering van die ekologie terselfdertyd beklemtoon. Die winsvoordeel uit die toename tussen die kilogram diere wat aangehou word en kilogram diere wat die plaas verlaat, is ook deur hom beklemtoon.
Nguni-teler Ingo Jacobi het met sy puik aanbieding die gehoor geboei met sy storie oor hoe hy met sy bestaande gekombineerde stelsel van stoet- en kruisteling ten spyte van die moeilike tye, steeds voluit en suksesvol boer.
Ná middagete is tyd aan die besigtiging van André (Lotter) se stoetdiere bestee. Ingo en Hans Sohrada het ? insiggewende praktiese demonstrasie gelewer oor die fenotipiese eienskappe van die manlike en vroulike diere.
Daarna het die groep deur die veld gaan ry om die weidingstoestande in die Suide asook bulle in die veld, te beskou. André sê ongediertes in die Suide is deurlopend ‘n probleem vir boere en Nguni’s het danksy hul horings die vermoë om hierdie gevaar af te weer en hul kalwers te beskerm.
‘n Meevaller was die produkte uit Nguni-velle wat uitgestal en verkoop is. Die stalletjie van Bianca Sohrada was ? groot aantrekkingskrag en is regdeur die dag besoek.
Tydens die evalueringsessie later was deelnemers dit eens dat voortaan op Nguni in die Suide gefokus moet word by boeredae en beoordelingskursusse kan selfs aangebied word. Suksesverhale soos dié van André en Ingo behoort op forums soos hierdie gedeel te word, is aanbeveel.
Kassie
Meer oor dié ras
Nguni-beeste het hulle naam gekry van die Nguni-stamme en hulle speel ‘n belangrike maatskaplike en ekonomiese rol in die ontwikkeling van hierdie stamme. Hulle word vandag nog gebruik as bruidsprys oftewel lobola vir toekomstige huwelike.
‘n Stam se belangrikheid is onherroeplik gekoppel aan die grootte van sy kudde. Koning Shaka van die Zoeloes het in die 1800’s die kulturele en ekonomiese voordele van hierdie diere besef en beheer geneem oor al die Nguni-kuddes in sy gebied. Hy het verder gegaan deur die diere te teel volgens kleurpatrone en sy weermag in hul velle geklee. Sy persoonlike wagte het die spierwit velle van die koninklike kudde (die Royal Nguni) gedra.
Voordele en voorkoms
Nguni-beeste is bekend vir hul vrugbaarheid en weerstand teen siektes. Hul oorlewing vir meer as 24 eeue te midde van siektes is sprekend van hulle gehardheid. In die 1940’s is die ras sterk gekritiseer deur wetenskaplikes vir sy lae gehalte bulle. Die waarheid was egter dat, selfs by gebrek aan tradisioneel “mooi” bulle, daar steeds ‘n verbasend groot getal goeie koeie en verse was. Dit is kenmerkend van die ras se goeie vrugbaarheid. Verdere studies het ook getoon dat Nguni’s die kortste tussenkalfperiode van al die vleisbeeste in Suider-Afrika het.
Goeie eienskappe is dat hulle hoogs aanpasbaar is, wat tot gevolg het dat die dier in sy omgewing kan oorleef en voortplant. Die ras kan oorleef in gebiede waar suurveld met lae voedingswaarde is, aangesien hulle in staat is om groot hoeveelhede gras te verteer om die nodige nutriënte te verkry.
Die Nguni-ras is deel van die Sanga-ras wat ontwikkel het as hibriede van Zebu-rasse van Oos-Afrika. Hulle velle is gewoonlik bont, in verskillende patrone, maar hulle neuse is altyd swart. Kleure wat voorkom, is wit, bruin, goudgeel en swart. ‘n Volwasse bul weeg tussen 500 kg. en 600 kg, terwyl koeie van 300 kg. tot 400 kg. weeg.
Bronne: www.ngunicattle.info en www.wikipedia.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie