Die dag toe Mugabe dood is
Die dag toe Mugabe dood is

Die dag toe Mugabe dood is

Augetto Graig
Waar was jy die dag toe Robert Mugabe dood is?

Op Vrydag 6 September 2019?

Ek was in ’n taxi op pad werk toe toe ek die nuus hoor. Ek onthou hoe die woorde sommer uit my mond geval het: “Yo, Mugabe is dood.”

“Waar hoor jy dit?” vra die meisie in die voorste passasiersitplek en gryp haar handsak om haar slimfoon in die hande te kry.

Mugabe se dood was nie juis onverwags nie. Die man was 95 jaar oud. Tog was dit bietjie van ’n skok – selfs vir my hier in Windhoek, honderde kilometers van die land waaroor hy byna vier dekades lank geheers het.

Zimbabwe en Mugabe is vir my amper een.

Gedurende my volwasse lewe was die twee nie net onafskeidbaar nie, maar ook so eenders.

Beide Mugabe en Harare is diep slim, hardwerkend en vooruitstrewend.

Tog het ons broers en susters van die Matebeleland hul swaarkry, hartseer, armoede en kwesbaarheid en soms ook hul gevoel van verraad met ons gedeel.

Zimbabwe – die droom wat ’n nagmerrie geword het. Mugabe – die redder wat die skurk geword het.

Dit als het teen die agtergrond van ’n veranderende wêreld afgespeel. Die wêreld toe Mugabe aan bewind gekom het en vandag se wêreld verskil drasties.

Baie het in die afgelope twee dekades verander. Die spoed van verandering het baie mense onkant gevang – selfs Mugabe moes in 2017 ná 37 jaar bedank.

Mugabe is dood aan die einde van ’n week vol ontstellende nuus. In Windhoek het die weermag ’n jong man na bewering doodgeskiet. Een weergawe van die verrigtinge is dat dit oor ’n foto op sy slimfoon was wat hy nie wou oorhandig nie, en toe hy hardloop, kos dit hom sy lewe.

In Suid-Afrika het vroue betoog omdat hulle nie veilig is nie, terwyl buitelanders aangeval is en hul besighede geplunder is.

Die Britte kan nie besluit hoe hulle die Europese Unie gaan verlaat nie, die Amasone brand en Amerika se Donald Trump maak moles deur elke twee Twitter-boodskap wat hy plaas. Hongkong se inwoners betoog week in en week uit teen China se invloed.

Die dag toe Mugabe sterf, het ek ’n geleentheid bygewoon wat my wêreldbeskouing beïnvloed het: Die Chinese ambassade het ’n simposium oor sosialisme en verhoudings tussen China en Namibië by dieselfde venue gehou waar Swapo die naweek sy interne verkiesing gehou het.

Die Chinese ambassadeur, mnr. Zhang Yiming, sê China beskou Namibië, met groot agting, as ’n strategies geleë vennoot in Afrika.

China wil met Namibië saamwerk, soos wat die land se president, mnr. Xi Jinping, en sy ooreenkomste met president Hage Geingob bevestig het, het hy gesê.

Mnr. Zhou Li, ’n topdiplomaat van die regerende Kommunistiese Party van China (CPC), het spesiaal ingevlieg om self te hoor hoe Namibiërs die toestroming van Chinese na die land ervaar.

Vier verteenwoordigers van verskeie Namibiese nieregeringsorganisasies het dié vraag dapper, vrymoedig, welsprekend en blatant eerlik beantwoord.

Me. Erica Gebhart het sosialisme met ubuntu vergelyk en gesê nie een van dié twee is in vandag se Namibië te vinde nie.

Me. Rakkel Andreas het gesê hoëvlak-ooreenkomste weerspieël nie wat op voetsoolvlak in Namibië gebeur nie.

Mnr. Lendl Isaaks het skeppend uitgebeeld hoe min gedoen word vir plaaslike burgers se geestesgesondheid.

Een ding is seker: Die lewe is nie meer wat dit was nie.

Robert Mugabe is dood.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!