Die drie matrose: 'n staaltjie oor bevoegdheid
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Op 'n dag het drie matrose hulle boot verpas. Hulle was bemanningslede van die vloot.
Daar was eindelose kommunikasie tussen die betrokke lande, wat ten laaste besluit het dat die drie in aanhouding moet bly totdat hulle kom haal word, of gedeporteer word.
Hulle het eers voor die admiraal verskyn om hulle verweer te stel. Die admiraal het hulle verseker dat dit 'n groot oortreding is, en hulle baie swaar gestraf gaan word as hulle skuldig is.
Terwyl twee wag, is een ingeroep, sodat sy verklaring aangehoor kan word. Hy begin te verduidelik:
“Admiraal, ek het so in die strate geloop en toe ek op my horlosie kyk, sien ek dat die boot oor vyf minute gaan vertrek. Ek het besef dat ek dit nie sal maak nie.
"Ek sien toe dat daar Indiërs is wat groente en vrugte verkoop, en by hulle is 'n paar donkies. Ek vang een van die donkies en jaag na die hawe toe. Ek slaan die donkie, want die tyd is min.
"Toe ek by die hek van die hawe kom, slaan die donkie morsdood neer. Daarom was ek laat.”
“Goed,” sê die admiraal, en die polisie neem die soldaat na 'n ander kantoor toe. Die tweede manskap kom in en begin sy verduideliking:
“Admiraal, ek het so in die strate geloop, maar toe ek na die tyd kyk, sien ek dat die boot oor vyf minute vertrek, en ek besef dat ek dit nie sonder vervoer sal maak nie. Ek sien ook dat daar Indiërs is wat groente en vrugte verkoop. Ook sien ek dat daar by hulle 'n paar donkies is.
"Ek vang een van die donkies, spring op sy rug, en jaag na die hawe toe. Soos ek ry praat ek met die donkie, en slaan hom aanhoudend, want ek weet die tyd is min.
"Toe ek by die hawe se hek kom, slaan die donkie morsdood neer, en ek kon nie betyds wees nie.”
“Dis interessant," sê die admiraal. "Gaan saam met die polisie.” Die polisie neem hom na die kantoor waar sy maat is.
Die derde bemanningslid vertel: “Admiraal, ek loop so in die strate, en kyk op my horlosie, en sien dat die boot oor vyf minute vertrek. . ."
"Stop!: skree die admiraal. "Ek sal jou storie vertel, en jy kan net sê of ek reg of verkeerd is.”
“Rêrig admiraal, gaan u my storie vertel?”
“Ja, ek gaan dit doen,” antwoord hy.
“Hoe gaan u weet wat gebeur het? Gaan u regtig my storie vertel?”
“Ja, ek gaan dit vertel," antwoord die offisier. "Ek is nie 'n aap nie, en jy sal sien dat ek waardig is om in hierdie stoel te sit. Ek het die verstand om hier te wees. Ek is nie een van julle onnosel mannetjies nie. Ek sal jou presies vertel wat gebeur het.
“Jy stap in die straat, en kyk op jou horlosie, en sien dat die boot oor vyf minute vertrek. Jy besef ook dat jy dit nie sal maak sonder vervoer nie.”
“Dis reg,” antwoord die soldaat.
“Verder sien jy dat daar Indiërs is wat groente en vrugte verkoop, en dat hulle 'n paar donkies by hulle het. Jy gryp een van die donkies, spring op sy rug, en jaag na die hawe toe, terwyl jy die arme donkie aanhoudend slaan, want jy weet dat die tyd min is.”
“Dis wonderlik, admiraal," sê die soldaat. "Dis presies wat gebeur het. Hoe kry u dit reg?”
“Ek het jou gesê, ek is 'n gesiene man, en het nie 'n hoenderbreintjie soos jy nie. Jy jaag en slaan die donkie, maar toe jy by die hawe se hek kom, slaan die donkie morsdood neer.”
“Nee, admiraal,” sê die soldaat.
“Nou wat wil jy sê het gebeur?” vra die admiraal.
Die rekruut antwoord: “Toe ek by die hek kom, lê daar twee dooie donkies by die hek, en ek kon nie deurgaan nie.”
Hierdie insident laat my dink dat daar van ons eie mense in poste sit wat nie regtig die werk kan doen nie, maar ons moet glo dat hulle die regte persone is, en niemand is beter as hulle nie. Hulle is slim en gesiene persone.
Dis asof die regering in die kryt is, en veg teen die onreëlmatighede, met die hoop om dit te verstaan. Die handdoek is ingegooi en die misdaad is as oorwinnaar gekroon, maar die regering se beampte staan steeds in die kryt en wag vir die ghong om nog 'n rondte aan te kondig.
Daar wag nog baie opponente: verkragting, moord, taxi's, huisbrake en vele meer. Daar word al 28 jaar geveg, maar die vyande word meer en meer en ons regering kan nie insien dat ons vegter nie opgewasse is nie.
Die geskommel werk nie, dis net dieselfde mense wat deurmekaar gemaak is. As daar geskommel word, vertel dit vir my hulle was van die begin nie reg nie, anders sal hulle gebly het waar hulle was. Dalk is hulle na die geskommel nou meer deurmekaar. Dis wat gewoonlik gebeur as iets geskommel word.
Kyk hoe maklik het die drie dom soldate die sogenaamde slim admiraal se vonkie geblus. . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie