Die ekonomie van verhoogde brandstofkoste
Voedselonsekerheid styg vir armes
Dr. Kobus Laubscher - Die prys van brandstof styg drasties in September met verdere stygings in Oktober in die vooruitsig.
Wat ook al die rede is, dis 'n dubbele klap vir landbou, veral saaiboere wat tans lande voorberei vir die nuwe plantseisoen.
Die laer brandstofpryse gedurende strooptyd is gou vergete as die kwantum van die nuwe en hoër dieselprys boere se kontantvloei tref. Die grootste somergraanoes in die geskiedenis het plaaspryse grondwaarts gedruk met heelwat verligting vir die kopers van veral mieliemeel en verbruikers van eetbare olies.
Dalende kosinflasie as gevolg daarvan is welkome uitkoms vir stapelkos-afhanklikes, maar nie voldoende om die omvang van armoede en gepaardgaande huishoudelike voedselonsekerheid te verminder nie, soos blootgelê deur Statistiek Suid-Afrika se onlangse armoedeverslag.
Net so bly kosinflasie onder druk, veral as gevolg van die proporsionele bydrae van rooivleis tot die kosmandjie wat gemeet word.
Die dubbele klap vir veral graanboere is dat dalende graanpryse se inflasieverminderde impak ernstige erosie in die gesig staar as gevolg van wat waarnemers uitlig as ná-plaashek kostestygings wat hoofsaaklik deurgegee gaan word aan die verbruiker.
Verbruikerspryse
Verbruikerspryse bestaan rofweg uit drie komponente, naamlik die plaashekwaarde, die koste tussen die plaashek en die verbruiker se bord, en die wins wat gepaard gaan met die toevoeging aan die bordkant van die plaashek.
Boere is prysnemers en kan bitter min doen om hul pryse te verhoog ten einde voorsiening te maak vir verhoogde kostes. Die verhoogde dieselprys verminder die plaasprys, maar as die verhoogde dieselprys kosteverhogend is anderkant die plaashek, betaal die boer ook nog daarvoor.
As gevolg van die pryselastiese vraag na die meeste landbouprodukte, word kosteverhogings tussen die plaashek en die verbruiker grootliks deur die twee groepe betaal, maar dikwels disproporsioneel.
Verder lei verhoogde kostes tot hoër verbruikerspryse wat die verbruiker in 'n tam ekonomie meer koopsku maak. Die nuutste vooruitskattings ten opsigte van die Suid-Afrikaanse ekonomie dui op verwagte groeikoerse wat letterlik oor die resessie-dwarslat skraap – 0,6% groei, terwyl private verbruiksbesteding ook teen heelwat laer koerse kan groei.
Die Nasionale Bemarkingsraad het in Mei vanjaar al aangedui dat die produsente-aandeel in die graan-verbruikersrand toegeneem het te midde van skerp dalings in die plaaspryse.
Dit was 'n aanduiding van die omvang van die handel wat laer plaashekpryse vinnig aan die verbruiker deurgegee het. Dié kostevakansie vir die verbruiker is dalk iets van die verlede. Kortom, die verhoogde brandstofpryse gaan beide kante van die plaashek hard slaan.
Volgens die jongste Voedselprysmonitor (31 Aug 2017) van die Nasionale Bemarkingsraad (NBR), het die stedelike voedselmandjie in Julie R834,43 gekos. Dit was 'n skamele 0,2% minder as die Junie-koste. Die NBR waarsku ook teen die inflasiedruk van sekere komponente van die mandjie, met prysstygings van meer as 10% jaar op jaar en die negatiewe impak daarvan op huishoudelike voedselsekerheid.
Verskeie faktore gaan 'n rol speel by kosinflasie, waaronder verhoogde kostes tussen die plaashek en verbruiker as gevolg van die verhoogde koste van energie.
Politieke onsekerheid
Wat veral verswarend kan inwerk, is die gevolg van bestaande politieke onsekerheid in Suid-Afrika en die impak daarvan op die wisselkoers.
Groter bestendigheid in lande met surpluskapitaal en verwagte ekonomiese oplewing, plaas opbrengsverwagtinge van moontlike beleggers in ontwikkelende ekonomieë in kategorieë wat nie net kapitaalinvloei negatief kan beïnvloed nie, maar selfs tot kapitaalvlug lei.
Verwagte handelsrekeningoorskotte kan grootliks die gevolg wees van laer invoer as gevolg van die stram ekonomie, eerder as wat dit uitvoerverwant is.
Volgens die NBR het die armste 30% van die bevolking ook kosdeflasie geniet, naamlik met 'n 1,5% afname van R6,07 tot R5,98 vir die jaar tot Julie 2017.
Dit is veral betekenisvol omdat inflasie vir hierdie kategorie verbruikers al die 20%-merk oorskrei het. Binne dié mandjie van vyf gewildste produkte – mieliemeel, brood, suiker, melk en tee – was die koste van die broodporsie beduidend hoër as die mieliekomponent. Die rede vir laasgenoemde was hoofsaaklik as gevolg van die skerp daling in mieliepryse.
Wat egter belangrik bly, is die bekostigbaarheid van selfs so min as R6,07 per dag, gegewe dat hierdie verbruikers reeds meer as die helfte van hul inkomste aan dié vyf items bestee.
Verhoogde brandstofpryse gaan besteebaarheid verder beïnvloed, met nóg minder om aan kos te bestee.
Wanneer gekies moet word, daal kos op die prioriteitsleer, want met die beskikbare geld geniet vervoerkoste, koste van akkommodasie en ander noodsaaklikhede voorrang. Huishoudelike voedselonsekerheid bly dus die wolf voor die deur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie