Die engelstemme van Mondesa
Tielman van Lill
Met ’n onlangse besoek aan die kus dwaal ek teen sononder by die die jetty in Swakopmund rond waar ek vir iets warms teen die ysige suidewind by die Tug-restaurant aanklop.
Met die son wat stadig in die Weste sak, hoor ek skielik die mooiste harmonie van man- en vrouestemme wat stadig maar seker hul stembande opwarm. Met nadere ondersoek ontdek ek sewe koorlede wat met die naderende skemerte toeriste asook plaaslike kliënte met die mooiste a cappella-sang en danspassies bekoor.
Izzy Isakar Eichab, een van die drie stigterslede en koorleier van The 8th Octaves-koor, het aan Kollig vertel dat hy en twee vriende die groep ses maande gelede uit nood gestig het. Izzy sê die koor se naam verwys basies na die verskeie oktawe wat die mens kan sing.
“Ons is almal vriende wat mekaar hoofsaaklik van skooldae af ken, en woon in Mondesa. Alhoewel ons ouderdomme van 18 tot 26 jaar wissel, is ons as een in musiek saamgesnoer. Ons kom van verskeie dorpe soos Maltahöhe, Otjiwarongo, Okahandja en Keetmanshoop, maar die meeste is maar Swakopmunders wat hier gebore en getoë is.
“Net twee van ons koorlede werk tans, terwyl die res van ons basies uit ons optredes by die Tug ’n bestaan maak. Ons tree elke dag sewe dae ’n week vanaf 18:00 tot 22:00 onder by die Tug op. Baie van ons het Swakopmund toe getrek in die hoop om werk te kry, maar dit sukkel tans met die ekonomie wat almal aan die keel beet het.
“Nie een van ons het enige vorm van formele sangopleiding ontvang nie. Daar is wel lede wat note kan lees en musiekteorie verstaan. Wat lekker is, is dat ons almal passievol oor ons koor en die toekoms is. Die afgelope ses maande is maar ’n druppel in die emmer vergeleke met wat vir ons voorlê.
“Ons oefen elke dag en groei steeds as ’n eenheid om beter te kan harmoniseer en ons ons danspassies te verbeter. Elke lid dra die koor en mekaar se belange op die hart, en lewer 'n besonderse en unieke bydrae om ons as ’n eenheid te maak werk.
“The 8th Octaves is nog nie suksesvol nie. Ons skaaf en werk bitter hard daaraan om te verbeter. Ons het in Oktober vanjaar ’n optrede by die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk hier op Swakopmund gehou. Ons en die gehoor het die aand vreeslik geniet, want dit is lekker om ’n gehoor te hê wat jou musiek waardeer en jy mee interaksie het.
“Ons wil weens geldelike redes om ’n beter inkomste vir ons te genereer meer konserte aanbied. Ons is beskikbaar om by enige geleentheid op te tree en doen dit reeds by troues, begrafnisse en enige geleentheid waar sang waardeer word,” vertel Izzy trots.
Die koor van nege lede beplan om volgende jaar hul eerste toer van die suide tot die noorde van Namibië te onderneem. Die groep het reeds hul eerste album opgeneem en beplan ’n tweede produksie vir volgende jaar.
Hul CD se naam is Sing with Pride. Die naam is gekies omdat die koor glo dat ’n mens alles in die lewe met trots moet aanpak. Die koor se leuse is as ’n mens nie trots is op wat jy doen nie, kan jy nie in jouself as ’n musikant of mens glo nie.
Izzy vertel nie een van die koorlede het al voor die kansel beland nie, maar vyf van hulle het wel kinders.
Dié koor se harte klop ook reg, want hulle wil graag minderbevoorregte kinders met klere help.
Hulle wil ook plaaslike skole, weeshuise, ouetehuise en die tronk besoek om mense te vermaak.
Die koor het al hul eie musiek geskryf en het tans 20 topproduksies in hul repertoire. Dit bestaan uit tradisionele liedjies, asook dele met ’n meer moderne aanslag, sê Izzy.
“Ons klomp staan deur dik en dun by mekaar. Die lede verstaan en ondersteun mekaar waar dit nodig is. Ons is nie net ’n koor nie, ons is ’n familie. Ons wil vir die jeug sê dit is nie te sê as jy in armoede gebore is, jy armoedig is nie. Werk aan jou drome en glo in jouself. “
Die stigterslede is Izzy, Ricardo Nembungu en Rensley Hoëb.
Die koorlede se tenore is Mogen Rooi, Izzy Isaskar Eichab en Quinton Gaseb, en die basse is Ricardo Nembungu, Rensley Hoëb en Denzyl van Rooy. Die alte is Brendelyn Keramin en Debbie Tsamases, met Renolda Howaes wat met haar ryk, goue stem as sopraan die koor met verskeie solobydraes aanvul.
The 8th Octaves se Sing with Pride, waarop dié koor nie min trots is nie, kos N$150 (plus verpakking en posgeld). Die CD kan by Izzy by +264 (0) 817788364 bestel word. Die koor nooi mense om hul Facebook-blad, The 8th Octaves, te besoek.
Caption
Agter van links is Quinton Gaseb, Ricardo Nembungu, Mogen Rooi, en die koorleier Izzy Isaskar Eichab. Voor is Brendelyn Keramin, Debbie Tsamases en Renolda Howaes. Foto Tielman van Lill

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie