Die Koreaanse skaakspel van mag en invloed
Volgens talle ontleders word die besit van kernwapens in Pjongjang as die beste waarborg vir die oorlewing van die diktatuur beskou.
Leopold Scholtz
Sedert die ontmoeting tussen pres. Donald Trump van Amerika en Noord-Korea se Kim Jong-oen in Junie in Singapoer het die betrekkinge tussen die twee lande versuur.
Die historiese ontmoeting het ’n skriftelike verklaring tot gevolg gehad wat só wyd is dat jy ’n wa en osse daarin kan laat draai. Daarin kom Trump en Kim ooreen tot die “verwydering van kernwapens” uit die Koreaanse skiereiland, sonder om dit behoorlik te definieer.
Sedertdien blyk dit dat die twee lande verskillende dinge daaronder verstaan. Amerika wil hê Noord-Korea moet eensydig van al sy kernwapens ontslae raak; Noord-Korea meen Amerika moet ook met sý kernwapens wegdoen en beloof om hom nooit aan te val nie.
Bowendien wys satellietfoto’s dat Noord-Korea voortgaan met die ontwikkeling van opslagplekke vir kernwapens. Hy het wel sy kerntoetse opgeskort. Sedertdien het die twee regerings mekaar weer in die openbaar sleggesê. Trump het selfs ’n besoek van sy minister van buitelandse sake aan Noord-Korea afgelas.
Een van die redes vir die versuurde betrekkinge, so word in Washington gesê, is omdat China sy invloed in Pjongjang laat geld.
In wat gesien word as die gebrek aan politieke wil in Washington, het die Suid-Koreaanse regering nou ingespring om die momentum te probeer behou. Op 18 September sal pres. Moon Jae-in ’n spitsberaad van drie dae lank met Kim in Pjongjang bywoon.
In Suid-Korea se aankondiging van die beraad is gesê Kim het “volledige verwydering van kernwapens” in die vooruitsig gestel. Weer eens is nagelaat om dit te definieer.
VERSUURDE BETREKKINGE
In die lig van die klaarblyklike Noord-Koreaanse voortsetting van sy kernprogram moet ’n mens gesond skepties na die saak kyk.
Volgens talle ontleders word die besit van kernwapens in Pjongjang as die beste waarborg vir die oorlewing van die diktatuur beskou, en dis ondenkbaar dat Kim sonder drastiese toegewings uit sowel Seoel as Washington afstand daarvan sal doen.

Die Chinese voel blykbaar gegrief dat Washington voortgaan met sy handelsoorlog, ondanks die medewerking wat Beijing in die ontlonting van die spanning tussen Amerika en Noord-Korea verleen het.
China het vroeër aan Noord-Korea laat blyk dat die hulp uit Beijing kan opdroog as hy met sy hardekwashouding voortgaan. Dit was een van die redes waarom Kim – altans op die oppervlak – toegewings gemaak het.
In ruil het die Chinese beter behandeling van die Amerikaners op handelsgebied verwag. Dié verwagting is nie bewaarheid nie.
Dus het China diskreet aan Noord-Korea laat weet dat hy maar weer die Amerikaners kan uitdaag, is die teorie in Washington.
Dis ’n skaakspel waar eers die een en dan die ander die oorhand het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie