Die laat val van name
Hierdie week het die presidensiële woordvoerder opnuut gewaarsku dat president Hage Geingob nie die misbruik van sy eie, of sy kantoor se naam, vir onderduimse doeleindes sal duld nie.
Hierby het Geingob nog altyd vas gestaan, en daar is geen bewyse dat hy indirek kwessies sal mikrobestuur nie, byvoorbeeld die beweerde rasse-relletjies by Air Namibia in Johannesburg.
Die laat val van “hoës” se name is ’n ou, menslike gebruik wat nie sommer sal verdwyn nie.
Die media is nie ’n hof nie en is nie daar om enigeen as leuenaars te veroordeel nie. “Is, issie, is, issie,” help niemand nie.
Ná Air Namibia en Staatshuis se ontkennings is die ongelukkige suggestie nietemin dat me. Jacqui Dadford, die klaer in ’n moontlike arbeidsgeskil, hierdie beweringe uit die duim gesuig het. Of dit waar is, kan ook nie sonder meer as feit gestel word nie. Hopelik is dit nie ’n geval dat die mees junior persoon in so ’n situasie dikwels aan die verloorkant eindig nie.
Volgens Dadford se weergawe het mnr. Ernst Adjovi – die omstrede, en deesdae selfs méér omstrede man agter die Kora-toekennings – beide Geingob en die tydelike hoof van die redery se name “laat val” tydens sy tierades. Dadford sê die titel “president” is twee keer genoem toe sy daarna voor stok gekry is.
Die misbruik van name kan nooit, op enige vlak, goedgepraat word nie.
’n Mens sal hoop dat wanneer gerade, enige oortreders van agter die skerms oor die vingers getik sal word.
Hillary Clinton’s Triumph, and Burden
With the nation’s primary season drawing to a close, Hillary Clinton is set to make history as the first female presidential nominee of a major political party.
This achievement is worth cheering by all, regardless of party, because it further opens the door to female leadership in every sphere.
Now comes more hard work for Mrs. Clinton. Many in this newest generation of American voters say that they don’t trust her, or that she represents a Washington disconnected from their struggles.
As Mrs. Clinton again showed in her foreign policy speech last week, she understands what the presidential race should be: a contest of ideas and overall fitness to lead. Such a campaign could inspire millions of newly energized young people to stay engaged through the election and beyond, which would be another remarkable achievement.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie