Die Otjozondjupastreek
Dis hier!
(Voeg kaart in)
In ’n neutedop
Die Otjozondjupastreek bestaan uit vier kenmerkende verskillende gebiede, naamlik Boesmanland, tussen Grootfontein en Tsumkwe; die sentrale hooglande tussen Okahandja en Otjiwarongo; die Otavi-driehoek in die sentrale noorde; en die Waterberg-plato.
Die streek se naam is afkomstig van een van die land se fonteine wat onder die Herero's bekend staan as “die plek van die kalbas”. Meer as die helfte van die streek word deur doringbos en grasvlaktes bedek, wat geskik is vir beesboerdery. Daar kom ook baie wild hier voor. Terwyl die gebied rondom die Waterberg en Otjiwarongo maklike bestemmings is om te bereik, kan meer avontuurlustige besoekers hulself vergryp aan die geleentheid om beter insig te kry van die ryk kultuur van die San in die Tsumkwe-omgewing.
Sien dít!
Boesmanland
• Die Kalahari-woestyn loop in die Noordooste van die land teen die grens met Botswana af. Dié verafgeleë gebied is baie yl bevolk, maar is propvol wild en baie mooi. Danksy nuwe ontwikkelings daar, is dit deesdae al hoe meer toeganklik vir besoekers terwyl daar gelyktydig ’n bron van inkomste geskep word vir die San wat in die gebied woon.
• Die Nyae Nyae-bewaringsgebied is die tuiste van die Ju/'hoansi-stam en hulle gebruik die gebied om op tradisionele wyse te jag en daardeur ’n inkomste te genereer. Danksy befondsing deur die Wêreldwildlewefonds, is wild soos eland, springbok en blouwildebees weer in die gebied bekend gestel. Olifante, hiënas, wildehonde, luiperds, jagluiperds en leeus kom ook hier voor.
• Tsumkwe lê in die middel van die Nyae Nyae-bewaringsgebied, maar is nie deel daarvan nie en die nedersetting is basies die deurgangspunt na die Kalahari en die Khaudom. Tsumkwe is in 1959 gestig toe die eerste kommissaris destyds sy basis onder ’n kremetart en naby ’n semi-permanente waterbron opgestel het.
Okahandja en omgewing
• As jy in geskiedenis belangstel, is Okahandja ’n goeie plek om ’n kort, historiese reis aan te pak. Die woord “Okahandja” kom van die Herero's en beskryf simbolies die plek waar twee riviere ontmoet.
• Gross Barmen, wat eersdaags weer open, is ’n heerlik ontspanningsoord wat 24 km oos van Okahandja geleë is. Die warm minerale bronne het 'n temperatuur van 65 °C wat afgekoel word tot 40 °C sodat dit heel gemaklik is om in te swem.
• Die Von Bach-dam voorsien nie net vir Windhoek van water nie, maar is ook ’n gerieflike ontspanningsoord waar ywerige watersport-entoesiaste saamdrom. Wild wat in die omliggende park voorkom, sluit bergsebras, elande, springbokke, koedoes, bobbejane en volstruise in. Dit is ook ’n gewilde bestemming vir hengelaars. Permitte is by die MET se kantoor beskikbaar. Visspesies wat hier voorkom, sluit bloukurper, geelvis, karp, baber en baars in.
Otjiwarongo en omgewing
• Die Jagluiperdbewaringsfonds buite Otjiwarongo beskik oor ’n diere-kliniek, ’n laboratorium en ’n opvoedkundige sentrum wat aan besoekers die geleentheid gee om meer oor die gedrag en biologie van die jagluiperd te leer.
• Otjiwarongo se krokodilplaas sien om na ongeveer 4 000 krokodille. Die eienaars beplan om binne die volgende twee tot drie jaar tussen 50 en 80 nuwe, vlakker damme aan te bring. Dit is ook een van min teelprogramme vir die Nyl-krokodil, en is by CITES geregistreer.
• ’n Paar goed-bewaarde dinosourusvoetspore wat tussen 170 000 en 200 000 jaar oud is, is op die plaas Otjihaenamaparero naby Kalkfeld te sien.
• Die Waterberg-plato Park toring letterlik bo die omliggende pleine uit, amper 200 m hoër. Reënwater drup deur die deurlaatbare klip en versamel bo op ondeurdringbare klei. Hoewel die plato droog is, is daar baie oppervlakwater en sterk permanente fonteine aan die voet van die berg. Die plantegroei is dus baie welig en groen. Verskeie rare plantspesies kom ook hier voor. Sedert 1972 is die Waterberg-gebied ’n natuurlike bewaringsgebied waar bedreigde spesies soos die swart- en witrenoster, swartwitpense en blouwildebeeste voorkom.
Otavi-driehoek
• Tsumeb, Otavi en Grootfontein is die hoeke van die sogenaamde Mieliedriehoek – die vrugbare driehoek wat deur die Otavi- en Kombatberge gevorm word. Hier word koring en ander gewasse gekweek wat nie juis elders in Namibië gegroei kan word nie. Die driehoek is ewe ryk aan minerale rykdom.
• Grootfontein spog inderdaad met ’n groot fontein en ’n mooi ou Duitse Schutztruppe-fort wat in 1896 gebou is. 24 km wes van Grootfontein is die grootste meteoriet op aarde – Hoba. Lees hier onder meer daaroor. Interessant genoeg het die mediese beampte dr. Philaletes Kuhn, wat tussen 1897 en 1899 as distriksbeampte opgetree het, die vleilande in die dorp gerehabiliteer wat met malaria-muskiete deurtrek was en nou is die gebied malaria-vry.
Moet dit nie misloop nie!
• Die houtkerwersmark op Okahandja is beslis ’n besoek werd, veral as jy iets uniek wil koop.
• Die Ghaub-grotte in die Mieliedriehoek spog met die derde grootste grotte in die land – 38m diep met 2,5 km se kamers en gange. Dié nasionale monument gee aan ywerige klimmers die geleentheid om die “onderwêreld” te verken!
• Die Hoba-meteoriet op die plaas Hoba-wes, weeg tussen 50 en 60 ton – die grootste, natuurlike enkele ysterblok wat nóg op die aarde gevind is. Dit het waarskynlik sowat 80 000 jaar gelede hier geland.
• Die Khorab-gedenkteken is buite Otavi aangebring en kom uit die Eerste Wêreldoorlog. Dit dui die plek aan waar die skietstilstandooreenkoms op 9 Julie 1915 onderteken is.
• As jy in die Nyae Nyae-bewaringsgebied is, gaan kyk gerus na ’n spoorsnydemonstrasie deur die Ju/'hoansi, die interpretering van dieregedrag, ’n jag-spel of selfs oorlewingstrategieë wat noodsaaklik is vir die lewe in die wildernis. Die Ju/'hoansi-vroue wys hoe word daar na water en kos gesoek. Sosiale samesyn deur die gemeenskap met hul besoekers gaan gepaard met tradisionele musiek en dans.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie