Die Paashaas het ander reëlings
Een van my herinneringe aan Paasfees is daai jaar toe ek vir die eerste keer in my lewe ‘n bal raakgeslaan het.
Ons het by Oom Jandré en Tannie Bolle gekuier.
Dit was in daaiselfde jaar toe Joel Stransky vir Suid-Afrika tot op die podium skop. Oom Jandré en Tannie Bolle, my ma-hulle se laatlamsuster se true love se ouers. Lieflike mense. Geld wat die wêreld rondwaai en op Nictus lazy boys spandeer word. Daai soort lazy boys wat soos Oros-mannetjies lyk. Net meer bruin.
Blykbaar was my ma-hulle nie te gaande oor die knaap nie. Ouma het niemand wat met ‘n goue ketting dikker as sy ringvinger om sy nek loop, vertrou nie, maar net sekere reëls is van toepassing op ‘n laatlammetjie. ‘n Blindekol-benadering.
Ouma se wantroue het begin toe die fish-en-chips-winkel se eienaar, ‘n man wat twee kettings dra, sy viskoekies met semels begin meng. Vir maande sit die mense met dikderms wat verstop is en droë ore.
Op ‘n dag het hulle vir hom uitgevang en sedertdien raak ouma nie aan ‘n viskoekie nie, en niemand met ‘n ketting om sy nek mag by die familie inkom nie. Net as haar laatlam met jou gekys is.
Dit was nie te lank nie, toe wil Laatlam se kêrel die verhaal vasknoop op hulle plaas, die plaas waarop Oom Jandré en Tannie Bolle geboer het. Dit is hoe ons daar opgeëindig het.
Die eerste keer wat ons as familie ‘n verskyning op die plaas gemaak het, was dit Paasnaweek. Die hele niggies en nefies is ook daar. In daai stadium mag ons nog nie geweet het die Paashaas bestaan nie. Paas-Sondag, met die eerste knor van die hoenderhaan, het al die ma’s die eiers onder die kussing, buite in die blombedding, langs die kampstoel, bo-op die boekrak, in die hanslammerkamp, tussen die toiletpapier en in ou skoene weggesteek.
Dan sou ons kinderkrans opstaan en iemand in die ontbytvertek sou iets van ‘n Paashaas noem en dat hy hom gesien het. Dan spring ons soos springmielies van die tafel af weg en begin die eiers bondelmaak. Vreeslik in ons skik. Ná die tyd moes ons al die eiers in een groot hoop gooi en dan het Ouma dit gelyk tussen ons almal verdeel. Gewoonlik vir weke daarna suig ons nog daai wit eiers wat lyk of jy met te veel sonroom gesmeer is.
Daai spesifieke jaar het dit nie soos altyd verloop nie. Ons het die Vrydag by Oom Jandré-hulle opgedaag. Laatlammetie en kêrel is toe reeds daar. Ons kant van die familie probeer net die goud miskyk. Saterdagoggend is almal wat genooi is, daar, en elfuur skop toe ‘n groot wedstryd af.
Die Bulls teen iemand. Ek weet nie. Tannie Bolle en al die ander dames was doenig in die kombuis met Sondag se ete. Die mans sit bankvas voor die kassie. Ons kinders is buite op die lawn. Party speel met die honde en die res maak beurte vir ‘n kans by die swingball. Dit gaan lekker. Niemand wil baklei nie en die kêrel het nog ons vertroue.
Dit was my beurt agter die swingball. Dit is natuurlik geen geheim dat ek glad nie, maar nie eers amper, sportief is nie. Die hele familie raak angstig as ek moet kolf, keer of vang. Dit is so hartseer. Nietemin. So is dit toevallig halftyd en die rygbyskare beweeg na buite. Kêrel steek ’n sigaret op en sê hy wil teen my speel. Ek hoor hoe begin my niggies huil en my ma kreun. Hulle ken wat kom.
Maar ek slat daai bal, met die eerste hou, só raak dat hy vir Kêrel op die oogtand tref. Die tandjie lê op die gras. My familie is in ekstase. Dit is toe dat Kêrel afhaak en sê die Paashaas kom nie dié jaar nie.
“Dit was ‘n ongeluk,” sê ek. Die familie gee vir mekaar drukkies oor my prestasie.
“Nie vir stout kinders soos jy nie,” voeg hy by.
“Ek sê mos,” gil Ouma by die kombuisruit uit, “ons vertrou nie ‘n ketting nie. Kom haal julle eiers, die Paashaas het ander reëlings met my getref.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie