Die petrolpomp en die verkeerskonstabel
NORMAN KOTZE SKRYF:
Ek en my vrou, Carol, kry 'n Micratjie by Tel Aviv-lughawe vir ons reis deur Israel.
Dadelik moet ek myself aanspreek om aan die regterkant van die pad te ry – en nie “hou links” soos by ons nie. En natuurlik ook om aan die linkerkant van die kar in te klim as jy wil bestuur.
Die karretjie verbaas my met die pad langs tot by Megiddo – vanwaar 'n mens oor die Jizreal-vlakte kan uitkyk waar die laaste veldslag (Armageddon) tussen goed en kwaad sal plaasvind.
Verder ry ons tot op die berg Karmel waar Elisa en die Baal-priesters van koningin Jezebel slaags geraak het en die 49 priesters agterna gesit en gedood is omdat Baal nie hulle vuur aan die gang kon kry nie. Af tot in Nasaret en daar rond tot uiteindelik by die hotel.
Die volgende twee dae ry ons rondom die See van Galilea om al die plekke te besigtig waar Jesus geloop het. Die volgende dag ry ons tot op die Berg van Saligsprekinge waar die Bergpredikasie plaasgevind het.
Dit is eers toe dat Carol vra of ek al na die petrolmeter gekyk het. En daar sien ek 'n rooi petrolpompie wat my aanraai om tog maar petrol in te gooi as ek nog verder wil ry. Nou weet ek nie hoe lank die pompie al smeek nie, want ek het dit nou eers raak gesien.
Gelukkig is dit nou afdraande na die See van Galilea toe, maar ek moet die pad dophou, want dit het nogal baie draaie. Ons besluit toe om Kapernaum toe te gaan – daar moet mos 'n petrolpomp wees, want duisende mense lê daar besoek af.
Die mense in Israel is uitstekende padbouers. Ook padherstellers. Hulle skuur so 'n bo-lagie van die teer af oor 'n sekere afstand en teer dit dan klaar op die dag voordat hulle die volgende dag weer so 'n stuk afmeet.
Op pad kom ons tot stilstand reg voor in die ry waar ons links kan afdraai; 'n entjie van 'n swart geklede verkeerskonstabel af. Ek wonder toe hoekom die ouens in hierdie hitte swart uniforms dra.
Over geset synde, toe die bordjie van “stop” na “go” oorslaan, ry ek so 'n entjie vorentoe sodat die verkeer van die indraaipad kan voortbeweeg.
Die volgende oomblik storm die verkeerskonstabel met oë wat al groter rek met elke tree, arms swaaiende asof hy 'n seekat na-aap, op my af. Ek kan nie hier die woorde herhaal wat hy gesê het nie, maar dit was nie die verhaal van Rooikappie nie.
Terwyl die neef steeds gillende, arms swaaiende langs my is, verneem ek met gebaretaal (wat lyk asof ek van 'n hondjie praat wat sy been teen iets lig) waar 'n mens petrol sou kon intap.
Die verkeerskonstabel noem hygend in geradbraakte Ingels dat ek nog so 'n kilometer of wat kan ry vir die hondjie. . .
Maar hy bly in hoë oktawe voort gil wat dink jy doen jy?! Met sy uitgestrekte arms wat vroeër soos 'n seekat s'n gelyk het, beduie hy ek het nie net links in die verkeerde baan teen die aankomende verkeer ingedraai nie, maar ek stuit nou al die aankomende verkeer, want die Micratjie staan skuins oor die linkerbaan.
Ek ryg 'n klomp “sorries", jammers, "excuse me's" en weer "sorry, sorry” in en ry onder die man se hatende oë weg om uit die verknorsing te kom.
Nou lyk dit asof die rooi petrolpompie op die "desbord" ook op en af spring van benoudheid omdat ek nou beslis by 'n vulstasie moet uitkom.
Bekommerd draai ons by Kapernaum in en hou stil, want ons sien geen teken van petrol nie. Nie eens 'n advertensie nie.
Ek stap na die kiosk en beduie-vra weer met gebaretaal waar ek petrol of “fuel” in die hande kan kry. Die Ingelse woord "gas" het nie eens by my opgekom nie.
As die man sy skouers hoër bo sy ore optrek om te beduie hy weet nie waarvan ek praat nie, kan hy by 'n sirkus gaan werk. Maar tog kry hy met die hulp van 'n ander toeris uit dat as ons terug ry, vir sowat 10 kilometer, daar verligting vir ons sal wees.
Tien kilometer?
Mandela het 'n “long walk to freedom” gehad, maar ek begin nou my “long walk to” benoudheid terug kar toe.
Tien kilometer met 'n rooi petrolpompie wat nog vinniger op en af spring van benoudheid, flits deur my kop.
Op pad kar toe verduidelik ek aan ons hemelse Vader dis baie warm, ek is nie meer so jonk nie, ek het nie 'n kannetjie om petrol te gaan haal nie - en 'n vrag verskonings wat 'n mens in sulke omstandighede kan uitdink.
Met die verbykomslag sien ek Carol sit kop onderstebo met toe oë.
Ek klim in stilte in en skakel die kar aan.
Hy dreun lekker; asof ons met vakansie is.
Niks!
Geen rooi petrolpompie nie.
Ons kyk mekaar net in stilte aan en ry versigtig, asof ons op eiers ry wat nie mag breek nie. Tot by ons vriendelike verkeerskonstabel - en nog geen rooi petrolpompie nie.
Sonder om aan die verkeerskonstabel te verduidelik ons ry nou in die regte baan, ry ons voort. Oë vasgenaal op die pad. Te bang om af te kyk.
So drie kilometer verder sien ons die oase. 'n Petrolstasie!
Ons ry tot daar en maak heel kalm vol, sonder dat die "desbord" met ons praat.
Toe ons weer inklim, gaan die dankgebede met hoofletters op na die Een wat nog steeds wonderwerke in ons leeftyd doen.
Dankie, Vader.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie