Die ratwerk van aanpassings nu00e1 Covid-19
Die ratwerk van aanpassings nu00e1 Covid-19

Die ratwerk van aanpassings ná Covid-19

Nuwe normaal gaan ons van kunsmatighede stroop
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Vir baie is die toekoms nou alles behalwe rooskleurig, maar wat ook opval is hoe die doen van dinge herwaardeer word.

Daar is ook tekens van blymoedigheid omdat ons almal gedwing word om anders te dink oor wat werklik saak maak. Sielkundiges slaan dié uitleef van die oorlewingsdrang hoog aan.

Landbou lei in vele opsigte en daar is elke dag meer en meer bewyse van hoe aangepas word, met talle aanpassings wat nog in die vooruitsig gestel word.

Dit bly ‘n riem onder die hart om te sien watter verskil meelewing alreeds maak. ‘n Boer kan nie toesien dat sy buurman sukkel nie en boere se naaste bure strek wyd met baie grensdrade wat oorgesteek word – hulle dra mildelik by met produkte wat afgelewer word en beskikbaar gestel word. Daar is ook ‘n duidelike boodskap, naamlik dat geen regulasie in die pad kan staan vir noodleniging sonder voorwaardes nie. Burokrate wat wil keer, sal met eier in die gesig moet terugstaan. Mens wonder of dit nie die ou cowboy-gesegde van “maak stof, of eet stof”, gestand doen nie. Noodleniging word verskaf behalwe die feit dat waardekettings in stand gehou word ten einde te verseker dat almal kos het om te eet.

In verlede week se rubriek is verwys na die voorstelle van die boardofinnovation.com oor die verwagte aanpassings wat ten opsigte van verbruikersgedrag verreken moet word. Die laaste vyf van die tien aanpassings is vandag ter sprake.

Die eerste vyf het gehandel met ‘n toename in afwykende gedrag soos alleenheid, depressie, ensovoorts. Tweedens is daar tekortkominge in die higiëne van kos en mense en derdens gaan reis binne en buite landgrense verander. Werkplekke gaan verander, wat afstand gaan skep tussen werk- en woonplek met toenemende konflik en spanning op vele vlakke van die samelewing met kontrakte wat uitgedaag gaan word, ensovoorts.

In die sesde plek is die omvang van werkloosheid wêreldwyd ‘n enorme kopseer. Die wêreldekonomie soos ons dit geken het vóór Covid-19, gaan verander met ‘n nuwe normaal waaroor almal net kan spekuleer.

Die onafwendbare is egter afleggings met ekonomieë waarvan die herstel gaan korrespondeer met wat veeboere ken. Dit neem ten minste twee jaar van kuddeherbou voordat reageer kan word op hoër pryse nou. Dit is wetend dat markte in daardie twee jaar weer kan verander.

Regerings sal moeilike beleidkeuses moet maak en daar is gewoon geen fiskale ruimtes vir kanse waag nie. Afrika se afhanklikheid van eksterne beleggings om groei te ontsluit, kan in die moeilikheid wees. Op verbruikersvlak gaan mense meer toevuis wees. Kontant gaan koning bly, maar aankooppatrone wat verander, sal ook meer klem lê op afstandsaankope met aflewering as die voorkeurmetode.

Besighede sal eenvoudig dienooreenkomstig gerat moet word. Institusionele ondersteuning soos die bandwydte vir verbeterde mobiele tegnologie, sal eenvoudig ononderhandelbaar word. Afstandsonderrig sal ‘n metamorfose ondergaan, maar dit kan die landbou beslis bevoordeel in terme van tegnologie-oordrag en -bemarking.

Verder sal ouer generasies beter opgepas moet word ten opsigte van blootstelling aan enige epidemie. Tans is die meeste Covid-19 slagoffers ouer mense en dié met verminderde weerstand as gevolg van ander siektetoestande. Gedurende die grendeltyd was daar afstand tussen bejaarde familielede en die res. Dit sal die nuwe norm wees en tegnologie gaan dié afstand kreatief oorbrug. Weerbaarheid moet anders hanteer word met ‘n verskerpte fokus op voorkoming.

‘n Nuwe sogenaamde sosiale ekonomie met baie meer klem op die welsyn van mense gaan aan die orde kom. Volgens die boardofinnovation.com sal jou identiteit belangriker word as jou werk. In die grendeltyd werk mense van die huis af – sonder om opgesmuk te wees, want jy kon aanlyn ’n konferensie bywoon in jou sweetpak. Dié patroon gaan vestig en mense gaan meer gesien word vir wat hulle is en nie hoe hulle lyk en met wat modetydskrifte dikteer nie.

Logieserwys kan verwag word dat daardie dienste ook gaan aanpas met baie minder kunsmatighede. In die laaste instansie word gewys op die belangrikheid van bewysbare immuniteit. Die mark mag dalk in staat wees om sulke verbruikers anders te bedien as gevolg van verminderde sistemiese risiko.

Kortom, ons werk na ‘n nuwe normaal, maar vaar in onbekende waters. Daar is ‘n groter mate van gelykmaking en dit skep baie nuwe moontlikhede om met nuwe inisiatiewe oplossings te bedink vir toepassing. Dit is ‘n seën dat die landbou in hierdie opsig alreeds die leiding neem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!