Die Wielie Walie Woelwaters-reeks deur Louise Smit

Jacqueline Louw
In hierdie reeks kartonboeke met ’n skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme Wielie Walie en Haas Das.
Kom leer alles van vorms saam met Bennie Boekwurm, die Wielie Walie-parkie se slimste storieverteller. Saam met Haas Das en die diere van diereland leer kinders alles van teenoorgesteldes.
Sarel Seemonster, die geliefde monster van die see leer kinders alles van kleure. Kinders leer tel tot 20 saam met Karel Kraai, Wielie Walie se slim kraai met sy kitaar. Gebruik die skoonvee-pen op die bladsye en speel weer! Met lekker oefeninge, maklike spele­tjies wat jy by die huis kan speel en sommer ook ’n nuusflits en liedjie of twee, is dit pret om te leer!
Louise Smit woon op Pringlebaai. Sy het bekendheid verwerf deur haar baie suksesvolle kinderprogramme vir radio en TV soos Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo, Mina Moo en vele meer. Sy is ook die skrywer van Die Bybel vir kleuters en Professor Fossilus en die ­dinosourusse.
Wielie Walie Woelwaters: Bennie Boekwurm leer ons van vorms (ISBN: 9780798170581, Haas Das leer ons van teenoorgesteldes (ISBN: 9780798170598), Sarel Seemonster leer ons van kleure (ISBN: 9780798170574) en Karel Kraai leer ons van syfers (ISBN: 9780798170567) is deur Human & Rousseau vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!